Afrikaans op reis

Afrikaans op Reis is 'n handige taalgids vir die Nederlandssprekende toeris in Suid-Afrika. Vir 'n Nederlander of ' n Vlaming is een van die aantreklike kante van 'n besoek aan Suid-Afrika die feit dat hy daar, op ' n afstand van sowat 10,000 km van die huis af, mense ontmoet wat 'n taal praat wat hy, met ' n klein  bietjie inspanning, heeltemal goed kan verstaan: Afrikaans. Albei tale het baie in gemeen, maar is ook baie verskillend. Soms beteken woorde net iets anders waardeur misverstande kan ontstaan. In hierdie boekie vind u die mees algemene woorde en uitdrukkings wat afwyk van Nederlands.


U kan hierdie boek bestel via ons webwinkel.

Suid-Afrika Huis     Keizersgracht 141     1015 CK Amsterdam Nederland     tel: +31-20-6249318 fax: +31-20-6382596