Biblioteek

Biblioteek

Die biblioteek bevat 'n unieke versameling, wat heeltemal gerig is op Suid-Afrika, met die grootste afdeling Suid-Afrikaanse literatuur in Europa. Navorsers, dosente en studente van universiteite en ander hoër opleidingsinstansies in Nederland, maar ook in Suid-Afrika en ander lande, maak gebruik van die biblioteek.

Die uitleenbare gedeelte van hierdie versameling is vir die publiek toeganklik. Die grootste deel van die versameling is Afrikaans-, Nederlands- of Engelstalig. Baie publikasies is afkomstig uit Suid-Afrika. Nuwe aanwinste van die biblioteek van die SAI word in die maandblad Zuid-Afrika vermeld.

Omvang:

  • 43.000 boeke;
  • 60 tydskrifte en koerante;
  • ong. 550 non-resente tydskrifte
  • beeld en geluidmateriale;
  • Literêre knipselargiewe;
  • foto's (veral van die Anglo-boereoorlog);
  • NZAV-argiewe (oor Nederlands-Zuid-Afrikaanse betrekkings van die 1880).

In die SAI biblioteek is 'n gerekenariseerde katalogus en die studiesaal is fotokopiëringsfasiliteite. Die boeke is beskikbaar in oop formaat sodat u self lekker rond kan snuffel. Die versameling van die biblioteek van die Suid-Afrikaanse Instituut kan gratis geraadpleeg word in die leeskamer. Vir die leen van materiaal is lidmaatskap (€ 16,00 per jaar, studente € 6,00) ’n vereiste.
Wil u meer inligting? Stuur e-pos aan Corine de Maijer: bibliotheek [at] zuidafrikahuis [dot] nl.

Aanwinste

Nou en dan plaas die SAI-biblioteek op hierdie plek 'n lys met nuwe aanwinste. Het u enige voorstelle vir die SAI biblioteek, dan kan u 'n epos stuur aan Corine de Maijer: bibliotheek [at] zuidafrikahuis [dot] nl.

Genealogie

Meer as 'n eeu gelede, het 'n Nederlandse maatskappy aan 'n spoorweg in Suid-Afrika gewerk. Tussen 1887 en 1899 was daar duisende Nederlanders, gewoonlik met hulle families, wat vir die Nederlands-Zuid-Afrikaans-Spoorweg-Maatskappy (NZASM)gewerk het en dan na Suid-Afrika geëmigreer het. Vir die meeste was hulle verblyf van korte duur: gedurende die tyd van die Anlgo-Boereoorlog (1899-1902) word die helfte van die Nederlanders woonagtig in Suid-Afrika deur die Britse outoriteite die land uitgestuur. Sommige van hulle het werk gevind in die toenmalige Nederlands-Indië. Ook was dit moontlik om finansiële hulp te eis van die 'Ondersteuningsfonds voor oud-NZASM personeel'.

Die Suid-Afrika Huis het baie skatte, meeste van dié onbekende biografiese materiale van die spoorwegmense en hulle doen en late ná hul terugkeer na Nederland. Die dokumente is belangrikke bronne vir familie-navorsing, omdat dit 'n (soms heel gedetaileerde) prentjie skep van die lewe van dié mense in Nederland tot en met 1940.

Daar is 'n alfabetiese lys met die name van byna 3000 werknemers wat vir die NZASM gewerk het aan die einde van die 19e eeu of hulp van die ondersteuningsfonds gevra het. Die lys verwys na die argiewe beskikbaar in die Suid-Afrika Huis en kan bestel word teen die prys van € 12,00.

U kan die argiewe besigtig by die Suid-Afrika Huis. Lede van die NZAV kan dit gratis doen, terwyl mense wat nog nie lede is nie versoek word om 'n bydrae van € 5,00 te maak.

Foto-argief

Die NZAV het 'n uitgebreide foto versameling. Hierdie versameling het baie foto's van 'n unieke en historiese waarde en is 'n oorsig van die geskiedenis van Suid-Afrika van die afgelope 25 jaar, en ook van die Nederlands-Suid-Afrikaans deel van die geskiedenis. Iets wat spesiale aandag verg is die foto's van die Boer-Republiek Transvaal en die Oranje-Vrystaat (1880-1902) en die Anglo-Boereoorlog (1898-1902), en die portrette van Afrikaanse literators en politici.

Die versameling kan beskikbaar gestel word vir eksposisies en vir publikasie. Foto's mag nie uitgeleen word nie (behalwe vir eksposisies), maar mag wel gekopieër word, op lopende koste tot die gebruiker. Meelopend hiermee word ook 'n bydrae van € 25,00 vir elke foto gevra en word u versoek om die NZAV as bron te noem.

AdamNet

Die biblioteek van die Suid-Afrikaanse Instituut is aangesluit by die Samewerkende Amsterdamse Biblioteke.  Deur hierdie netwerk, AdamNet, kan u miljoene boeke, tydskrifte, multimedia en and inligting binne Amsterdam en omstreke vind.

Die Digitale Biblioteek Amsterdam (DBA) is ´n soekenjin vir katalogusse van AdamNetbiblioteke.  Daarmee kan u met een soekaksie maksimaal tien katalogusse gelyktydig deursoek.  Die soekresultate word sowel per katalogus as in ´n gekombineerde lys getoon.  In 2008 sal die katalogus van die Suid-Afrikaanse Instituut hieraan toegevoeg word. 

Suid-Afrika Huis     Keizersgracht 141     1015 CK Amsterdam Nederland     tel: +31-20-6249318 fax: +31-20-6382596