Commissie Studiereizen
Die Jeugprojek (Jongerenprojekt/JP) is ´n uitwisseling tussen Nederland en Suidelike Afrika in die vorm van ´n studiereis vir ´n uitgesoekte groep studente. Een jaar besoek ´n groep van ongeveer 15 to 20 studente uit Suid-Afrika en Namibië Nederland en Vlaandere; die volgende jaar gaan ´n groep Nederlandse en Vlaamse studente na Suid-Afrika en Namibië. Die verblyf by gasouers en die uitgebreide kennismaking met die maatskappy gee hierdie studiereis ´n gevarieerde en interessante karakter wat altyd besonder goed ervaar word deur sowel die deelnemers as die partye wat daarby betrokke is.
In die somer van 2012 is dit weer die Nederlandse en Vlaamse studente se beurt om Suid-Afrika te besoek. Byna 'n maand lank sal die studente induik in die Suid-Afrikaanse kultuur en intensief vertroud raak daarmee. Indien jy meer wil weet of wil inteken, kyk dan op www.studiereis-za.nl.

Archives
Verslag reis 2002
Verslag reis 2004
Programma 2004
Verslag reis 2005

