Suid-Afrikaanse Instituut (SAI)
Van oudsheer beskik die NZAV en die SAI oor uitgebreide dokumentasie oor Suid-Afrika. Die SAI beheer al vir etlike dekades hierdie dokumentasiesentrum, wat bestaan uit 37.000 boeke en 'n groot aantal tydskrifte. Die unieke versameling word gevoed uit verskeie bronne. Verskeie institute en besighede het boeke, argiewe en ander materiaal aan die biblioteek van die SAI geskenk. Daarnaas word nuwe en ou boeke aangeskaf, met name in Suid-Afrika, maar ook in Nederland en ander lande. Enige iemand het vrye toegang tot die biblioteek. Tot die gebruikers behoort navorsers, dosente en studente van universiteite en ander hoër opleidingsinstansies in Nederland en Suid-Afrika, in Europa en selfs in die Verenigde State. Die versameling is dan ook uniek met die grootste versameling Suid-Afrikaanse literatuur in Europa.
Leerstoel Zuid-Afrikaanse Taalkunde en Letterkunde
Om die kennis van die Zuid-Afrikaanse taal- en letterkunde in Nederland te bevorder is daar in 1933 die besondere leerstoel Afrikaanse Taal- en Letterkunde opgerig. In die tagtiger jare het hierdie leerstoel verdwyn. Aan die begin van die huidige millennium het die SAI egter kans gesien om hierdie "bijzondere leerstoel" opnuut op te rig aan die Universiteit van Amsterdam. Vir hierdie leerstoel is prof. Ena Jansen benoem tot hoogleraar.
Publikasies
Die SAI tree op as uitgewer van die SAI-publikasiereeks. In hierdie reeks verskyn veral wetenskaplike publikasies wat betrekking het op Suid-Afrika. Die mees bekende boek uit die reeks is egter wel die meer populêre taalgids Afrikaans op reis. Daarin is, naas inleidende opmerkings oor die Afrikaanse taal en sake betreffende woon, werk, ontspanning, klimaat, gesondheid en dergelike, ook praktiese woordelyste opgeneem, waarmee Nederlandse toeriste hulself maklik verstaanbaar kan maak in Suid-Afrika. Meer publikasies.
Biblioteek
Die biblioteek bevat 'n unieke versameling, wat heeltemal gerig is op Suid-Afrika, met die grootste afdeling Suid-Afrikaanse literatuur in Europa. Navorsers, dosente en studente van universiteite en ander hoër opleidingsinstansies in Nederland, maar ook in Suid-Afrika en ander lande, maak gebruik van die biblioteek.

