ZASM

Die Stichting ZASM is die erfgenaam van die vroeëre Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij (NZASM) wat aan die einde van die 19de eeu op versoek van president Paul Kruger spoorweë aangelê het in Suid-Afrika. Die stichting ZASM is in 1908 opgerig. Doelstelling Doelstelling van die Stichting ZASM is om die kulturele en ekonomiese betrekkings tussen Nederland en Suid-Afrika te bevorder en die Nederlandse belang in Suid-Afrika te dien.

Die stigting wil sy doel bereik deur die Suid-Afrika Huis in stand te hou en die daarin gevestigde instellings, soos die Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging (NZAV), die Suid-Afrikaanse Instituut (SAI) en die Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studentente te subsidieer.

Die Stichting ZASM is ook die uitgewer van die onafhanklike maandblad Zuid-Afrika. Hierdie tydskrif word versprei onder die lede van die NZAV.

Behalwe aan genoemde instellings, stel die Stichting ZASM ook fondse beskikbaar vir projekte wat pas in die doelstelling van die stigting. Samewerking met 'n Suid-Afrikaanse instelling en 'n aantoonbare Nederlandse belang is belangrike voorwaardes vir die goedkeuring van 'n projek.

Aanvrae vir projeksubsidies kan in September elke jaar ingehandig word, voorsien van toeligting en 'n begroting. Vir meer informasie, stuur 'n e-pos aan  zasm [at] zuidafrikahuis [dot] nl

 

 

Suid-Afrika Huis     Keizersgracht 141     1015 CK Amsterdam Nederland     tel: +31-20-6249318 fax: +31-20-6382596