Argief

Die Suid-Afrikahuis huisves 'n ryk biblioteek-, argief-, en prentversamelings; 'n kulturele erfenis oor die verhouding tussen Nederland en Suid-Afrika vanaf 1880. Die argiefversameling bestaan uit ‘n rapsie meer as 100 argiewe wat al vanaf 1923 in die perseel van die Suid-Afrikahuis versamel en bewaar word. In 2014 en 2015 het die Suid-Afrikahuis grootskaalse instandhoudingswerksaamhede  ondergaan. Tydens hierdie verbouing is die versameling argiewe ook onder hande geneem sodat dit goed bewaar en beter toeganklik kan bly.

Tans word hard gewerk aan 'n aanlyn-omgewing waarin die biblioteek, die argiewe, die kaartversameling en die beeldbank terselfdertyd deursoekbaar sal wees vir gebruikers. Die versameling argiewe is reeds toeganklik en deursoekbaar via collecties.zuidafrikahuis.nl

Suid-Afrika Huis     Keizersgracht 141-C     1015 CK Amsterdam Nederland     tel: +31-20-6249318 fax: +31-20-6382596