Film: African Jim (Jim comes to Jo'Burg) in die “Maand van de Geschiedenis” - 24 Oktober

Maand van de Geschiedenis: Geluk
Dinsdag, 24 Oktober 2017, 19:30, Rolprent African Jim (aka Jim comes to Jo'Burg)
(Suid-Afrika, 1949, 52 min, Engels gesproke)
Met: Daniel Adnewmah, Dolly Rathebe, The African Inkspots
 
'n Eenvoudige verhaal van 'n plattelandse seun wat stad toe kom om sy geluk te soek. Hy het probleme om aan te pas by die besige stadslewe, en kom eers tot sy reg as sy sangtalent ontdek word. Met die hulp van musikante uit die townships (waaronder een van Suid-Afrika se bekendste sangeresse in die 1950's, Dolly Rathebe), was die rolprent 'n sensasie vir die swart gehoor wat nog nooit hul eie helde op die skerm gesien het nie. Maar die film het ook groot historiese waarde; hierdie beelde van die verlede weerspieël 'n lewendige township-kultuur wat 'n paar jaar later deur apartheid sou verdwyn.
 
Plek: Zuid-Afrikahuis, Keizersgracht 141-C, Amsterdam
Besprekings: evenementen [at] zuidafrikahuis [dot] nl
Toegang: € 7,50
Datum: 24 Oktober 2017
Saal open: 19:00 / 19:30
 

Suid-Afrika Huis     Keizersgracht 141-C     1015 CK Amsterdam Nederland     tel: +31-20-6249318 fax: +31-20-6382596