Aanwinstenlijst maart 2017

In december 2016 ontving het Zuid-Afrikahuis van Umuzi/Penguin een doos boeken bestemd voor de Bibliotheek. Umuzi/Penguin stelde de boeken gratis ter beschikking, en dankzij de steun van de Van Ewijck Stigting (VES) konden de boeken naar Amsterdam verzonden worden. Deze maand daarom alleen titels van Umuzi/Penguin. De bibliotheek wil nogmaals haar dankbaarheid uitspreken voor deze geweldige gift van beide organisaties.

 

Amatola / Piet van Rooyen. – Cape Town : Penguin Random House, 2016. – 247 p. – ISBN 978-1-4859-0316-1

In die afgeleë Sneeuberge van die Oos-Kaap soek ’n groep argeoloë onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na ’n reeks rotstekeninge: ’n befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle dié kunswerk na ’n uitmergelende soektog vind. Hulle blydskap is egter van korte duur: ’n gevaarlike groep drosters oorrompel hulle en neem hulle gevange. Onder angswekkende omstandighede deel ekspedisie- en bendelede dieselfde kampeerplek terwyl die bendekaptein wag op verslag deur twee verspieders wat hy na die buitewêreld stuur om ’n losprys te eis.

 

 

Chants of freeedom : poems written in exile / Mathews Phosa. – reprint. - Cape Town : Penguin Books, 2016. – 45 p. – ISBN 978-1-4152-0776-5

Mathews Phosa developed his love for poetry as a young boy growing up in rural Mpumalanga and Limpopo. While he has published a collection of poems in Afrikaans, Chants of Freedom is his first English poetry anthology. Mostly written while in exile as the commander of an MK unit in Maputo, Mozambique, Phosa’s poems vividly recreate the feelings of anger, defiance, frustration, shame, pain and ultimately hope that characterised the exiles’ experience of the struggle to abolish apartheid in South Africa. Writing in a lyrical style, Phosa addresses such themes as oppression, violence, death and hatred, and recalls the atrocities and tragedies of the migrant-labour system, the murders of innocent children, the detentions without trial, the bannings and the state-sanctioned executions that characterised the apartheid era. Chants of Freedom provides raw, powerful and unprecedented insight into the consciousness of a freedom fighter.

 

Parool : versamelde toesprake = Parole : collected speeches / Breyten Breytenbach. – Kaapstad : Penguin Books, 2015. – 212 p. – ISBN 978-177022-917-4

Breyten Breytenbach word plaaslik en wêreldwyd geag as ’n invloedryke skrywer en kritiese denker. Parool/Parole is ’n keur van sy grootste en aangrypendste toesprake wat, deur die belangrike onderwerpe, steeds literêre, politieke en filosofiese vure aansteek. Elke redevoering – wat tussen 1968 en 2015 in Afrikaans en Engels by verskeie geleenthede reg oor die wêreld gelewer is – skakel historiese momente in die ontwikkeling van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde met sleuteloomblikke in Breytenbach se loopbaan en lewe. So staan sy toespraak by die Sestiger-somerskool in 1973 uit as ’n waterskeidingsmoment vir Afrikaanse skrywers se benadering tot sosiale betrokkenheid in hul werk. In sy Rapportprys-aanvaardingstoespraak, in 1986, konfronteer Breytenbach Afrikaners kaalvuis oor hul instandhouding van ’n apartheid-polisiestaat. Die aandoenlike wyse waarop hy sy grensverskuiwende standpunte stel sal nog lank deur toekomstige generasies onthou word. En wie sal Breytenbach se pleidooi in die Paleis van Justisie in 1975, waar hy hom wend tot die regter wat hom uiteindelik tronk toe sou stuur op aanklag van terrorisme, kan lees sonder om ontroer te word? Die onlangse huldeblyk by André P. Brink se gedenkdiens in Kaapstad bevestig weer eens die skrywer se passievolle verbinte­nis tot sy ambag, en hoe ’n sin vir moraliteit sy kreatiewe uitset omraam. Die toesprake in Parool / Parole, waarvan heelparty nog nie voorheen gepubliseer is nie, verskaf waardevolle insigte in die denkwêreld van ’n literêre ikoon.

 

Tuisland / Karin Brynard. – Kaapstad : Penguin Random House, 2016. – 576 p. – ISBN 978-1-4152-0693-5

Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in ’n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in ’n bynes vas. Die brutale aanval op ’n Duitse toeris ontketen ’n rits gebeure wat ’n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry ’n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, ’n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur ’n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by ’n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met ’n vreemde straatkindjie aan die hand.

 

Slaafs / Bettina Wyngaard. – Kaapstad : Umuzi, 2016. – 295 p. – ISBN 978-1-4152-0753-6

‘n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, "Ounooi" soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oë van Nicci kan afhou. Want in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van ’n meisie wat aan ’n oordosis sterf en hoekom het sy en ’n tweede slagoffer dieselfde tatoeëermerk?  Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwêreld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wêreld. Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliesely en die hart aangryp.

 

Little suns / Zakes Mda. – Cape Town : Umuzi, 2015. – 269 p. – ISBN  978-1-4152-0904-2

There are many suns,' he said. 'Each day has its own. Some are small, some are big. I’m named after the small ones.' It is 1903. A lame and frail Malangana – 'Little Suns' – searches for his beloved Mthwakazi after many lonely years spent in Lesotho. Mthwakazi was the young woman he had fallen in love with twenty years earlier, before the assassination of Hamilton Hope ripped the two of them apart. Intertwined with Malangana's story, is the account of Hope – a colonial magistrate who, in the late nineteenth century, was undermining the local kingdoms of the eastern Cape in order to bring them under the control of the British. It was he who wanted to coerce Malangana’s king and his people, the amaMpondomise, into joining his battle – a scheme Malangana’s conscience could not allow. Zakes Mda's fine new novel Little Suns weaves the true events surrounding the death of Magistrate Hope into a touching story of love and perseverance that can transcend exile and strife.

Zuid-Afrikahuis    Keizersgracht 141-C    1015 CK Amsterdam Nederland    tel: +31-20-6249318    fax: +31-20-6382596