Die rooi trem : ’n liefdesreis na 40 jaar hervat

Stephanie Rappard & Henk Rappard

Afrikaans

Naledi

2018

Die rooi trem is die epiese verhaal van ’n eerste liefde van doer uit die laat sestigerjare wat na veertig jaar weer ontvlam het. ’n Surrealistiese silwer spoor het hulle oor lande (Nederland en Suid-Afrika), tyd, taal en kultuur heen weer bymekaargebring, glo die auteurs. Hulle skryf oor hul herontmoeting en herontdekking van mekaar as ouer mense, al hul wonderlike én minder goeie ervarings en hoe hulle verskille en hindernisse oorkom het. Ook vertel hulle van hul kennismaking met ou energieë, gedaantes, engele én geraamtes in die kas. Hul toegeneentheid aan mekaar, lewensfilosofieë en ou herinnerings het hulle met patos vasgevang.

Rappard