Voorvaders kan vlieg, sê Delores

Reinet Nagtegaal

Afrikaans

Tafelberg

2001

Prijs: € 2,50

Mooi tweedehands exemplaar.

Haar naam is Delores, sy is effens middeljarig, effens getik, heeltemal onweerstaanbaar en daar is veertien verdiepings in haar hart. En Reinet Nagtegaal se boek oor haar is die debuutwenner van die Insig/Sanlam/Kwêla-romanwedstryd.

Delores is ´n uitgeweke aktrise. Sy het ´n seun wie se vader sy nooit kon identifiseer nie, en ´n dogter wie se vader, die groot geliefde van haar lewe, haar een aand in liefde verlaat het.

Delores ken geen grense nie: sy dans met vreugde én met pyn. As die volte van die wêreld vir haar te veel word, gaan maak sy en haar dogter straatteater.

Aan haar naam kleef van die begin af ´n klank van trane. Sy's ´n koningin van hooglied én treursange, baie groter as die lewe self, ´n herrese lewensnar.

Om te lag, sê hierdie boek, is verlossing.

Reinet Nagtegaal is ´n regspraktisyn en woon in Melkbosstrand.

Graag bestel ik deze titel
Voorvaders