Klik hier om die aansoekvorm af te laai.

Beurse om in Nederland te studeer

Die Stigting Studiefonds vir Suid-Afrikaanse Studente (SSF) is in 1885 (onder ‘n ander naam) opgerig en het sy oorsprong in die historiese bande tussen Nederland en Suid-Afrika. Tans beoog die fonds om tot die nuwe, demokratiese Suid-Afrika by te dra deur jong, begaafde Suid-Afrikaanse studente toegang te bied tot onderwys en navorsing van ’n hoë gehalte in Nederland.

Die fokus is op finansiële ondersteuning vir meester- en PhD-studente wat tans in Suid-Afrika studeer en wat graag ‘n deel van hul studies in Nederland wil deurbring. In die verlede is beurse hoofsaaklik aan studente in die geesteswetenskappe verskaf, maar vandag word studente uit alle dissiplines uitgenooi om aansoek te doen.

Beursgeleenthede

Die SSF ken twee soorte beurse toe:

  1. Beurse vir studente wat vir ‘n deel van hul studies (met ‘n maksimum tydperk van ses maande) aan ‘n Nederlandse universiteit wil studeer, met die doel om hul meester- of PhD-graad in Suid-Afrika te verwerf.
  2. Reisbeurse vir kort besoeke aan Nederland vir navorsing en die bywoning van akademiese kursusse (insluitend somerkursusse), konferensies en meesterklasse.

Wie kom in aanmerking?

Beursaansoekers moet:

  • Suid-Afrikaanse nasionaliteit hê;
  • As student by ‘n Suid-Afrikaanse universiteit geregistreer wees, en
  • Aanvaar wees om ‘n deel van hul studies aan ‘n Nederlandse universiteit te volg.

Watter studievorme word deur ‘n beurs ondersteun?

  • Studieaktiwiteite wat deel is van, of bydra tot, die voltooiing van ‘n meester- of PhD-studie (of navorsing) aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit
  • Studiebesoeke wat bydra tot die voltooiing van samewerkingsprojekte tussen Nederlandse en Suid-Afrikaanse akademici
  • Kursusse of ander studieaktiwiteite waarvan die krediete aanvaar word vir die voltooiing van ‘n Suid-Afrikaanse nagraadse studiekursus
  • Navorsingsaktiwiteite wat binne drie tot ses maande voltooi kan word en wat bydra tot die voltooiing van ‘n Suid-Afrikaanse nagraadse studiekursus
  • Reisbeurse na Nederland om navorsing te doen (ook vir doeleindes wat nie op die verwerwing van ‘n graad gerig is nie), om akademiese kursusse, konferensies en meesterklasse by te woon.

Finansiële dekking

  • Vir ‘n meestergraadstudent: € 1200 per maand. Hierdie bedrag is bedoel om alle koste te dek, insluitend (mediese) versekering, huur, visumkoste, ens.
  • Vir ‘n PhD-student: € 1300 per maand. Hierdie bedrag is bedoel om alle koste te dek, insluitend (mediese) versekering, huur, visumkoste, ens.
  • Daarbenewens kan ‘n eenmalige bedrag van € 1000 toegeken word om reiskoste te dek.
  • ‘n Eenmalige bedrag van €1300 kan toegeken word as ‘n reisbeurs vir kort besoeke (bv. vir die bywoning van ‘n konferensie)

Aansoekprosedure

Stap 1: Toelating tot ‘n (Nederlandse) universiteit of studieprogram

Voordat ’n kandidaat vir ‘n beurs kan aansoek doen, sal hy eers toelating tot ‘n studieprogram in Nederland moet reël. Die internasionale kantoor van die betrokke universiteit kan hiermee help; nuttige inligting kan ook op die volgende webwerf gevind word: http://studyinholland.nl. ‘n Sertifikaat van toelating van die universiteit in Nederland is een van die noodsaaklikste dokumente in die aansoekprosedure. Indien toelating tot ‘n Nederlandse universiteit binne ‘n paar weke verwag word terwyl die sperdatum vir die indien van ‘n aansoek nader kom, kan ‘n beurs toegeken word onderhewig aan voorwaardes.

Stap 2: Beursaansoekvorm en noodsaaklike dokumente

Voltooi die aansoekvorm en heg die volgende dokumente aan:

  • Toelatingsertifikaat van die Nederlandse universiteit met die studieprogram van jou keuse
  • Afskrif van jou paspoort
  • Afskrifte van (akademiese) sertifikate en akademiese puntelyste;
  • Studieplan: ‘n kort beskrywing (maks. 800 woorde) van die beplande studie in Nederland; insluitend motivering, rooster, oorsig van die onderwerp, en besonderhede van jou studieleier (indien bekend).
  • Vra jou Suid-Afrikaanse studiekoördineerder, professor of studieleier om vir ons (direk en vertroulik; studiefonds@zuidafrikahuis.nl) ‘n aanbevelingsbrief te stuur om jou aansoek te ondersteun.

Sperdatums

31 Maart (vir studies wat voor of na Augustus/September begin)

30 September (air studies voor of na Januarie) 

Hoe om aansoek te doen?

– Stuur jou aansoekvorm en bykomende dokumente tesame in een e-pos na studiefonds@zuidafrikahuis.nl.

Visa

Maak seker dat jy betyds begin om aansoek te doen vir ’n studievisum by die Nederlandse Ambassade in Pretoria of die Nederlandse Konsulaat in Kaapstad.

Meer inligting:

Adresse:
Ambassade van die Koninkryk van Nederland
Florence Ribeirolaan 210
H/v Muckleneukstraat
0181 Nieu-Muckleneuk
Pretoria

pre@minbuza.nl
Tel.: +(27) (12) 4254500

Openingstye:
Maandag – Donderdag: 8 vm. – 5 nm.
Vrydag: 8 vm. -1 nm.

Nederlandse Konsulaat-generaal Kaapstad
Strandstraat 100
8001 Kaapstad

kaa@minbuza.nl
Tel.: +(27)(21)4215660

Openingstye:
Maandag – Donderdag 8 vm. – 5 nm.
Vrydag: 8 vm. – 1 nm.

REËLS EN VOORWAARDES

Wanneer ‘n beurs toegeken word, is die volgende voorwaardes van toepassing:

Sodra jy in Nederland aangekom het, moet jy ‘n afspraak met die sekretaris maak vir ’n persoonlike ontmoeting, waarby jy jouself moet identifiseer. Sodra die beurstydperk verby is, kan dit nie hernu word nie.

Beurse word vir ‘n maksimum tydperk van ses maande toegeken.

Halfpad deur jou studietydperk kan die Studiefonds jou Nederlandse of Suid-Afrikaanse studieleier vra of hulle tevrede is met jou vordering. Die Studiefonds behou die reg voor om die beurs voortydig te beëindig.

Indien jy jou studieplan (drasties) verander, moet jy die Studiefonds per e-pos in kennis stel.

Indien dit bekend word dat jy jou beurs vir ‘n ander doel gebruik as wat oorspronklik aangedui is, behou die Studiefonds die reg voor om die beurs met onmiddellike effek te beëindig.

Jy moet die Studiefonds inlig oor ander beurse waarvoor jy aansoek gedoen het – voor of ná hierdie aansoek. Indien jy enige ander beurs in óf Suid-Afrika óf Nederland ontvang sonder om die Studiefonds in kennis te stel, kan jy die beurs van die Studiefonds verloor.

Wanneer die beurs toegeken word, vereis die Beursfonds:

  • ‘n Verslag van jou aktiwiteite (beide akademies en sosiaal) moet nie later nie as twee maande na die einde van die beursperiode aan die sekretaris van die Studiefonds gestuur word. Die verslag moenie langer as 500 woorde wees nie.
  • ‘n Afskrif van jou publikasie(s) of proefskrif, wat spesifiek uit jou studie in Nederland ontstaan ​​het, moet aan die sekretaris gestuur word (digitaal of in harde kopie) vir opname in die biblioteek van die Zuid-Afrikahuis.
  • Dit sal waardeer word as jy in jou publikasie(s) jou dankbaarheid teenoor die Stigting Studiefonds vir Suid-Afrikaanse Studente uitspreek.

In die volgende gevalle kan ‘n beurs onmiddellik teruggetrek en betalings verhaal word:

  • as blyk dat die inligting wat op die aansoekvorm verskaf is opsetlik verkeerd is;
  • as die ontvanger van die beurs nie voldoen aan die afsprake en aktiwiteite waarvoor die beurs verskaf is nie

Belangrike opmerking m.b.t. Covid-19

Die student wat vir ‘n beurs aansoek doen, bevestig dat hy streng by die reëls wat met betrekking tot Covid 19 geld sal hou, soos deur die Nederlandse regering opgelê. Die Studiefonds vir Suid-Afrikaanse Studente is nie verantwoordelik vir ongerief as gevolg van maatreëls as gevolg van Covid-19 nie

Belangrike opmerking m.b.t. vertraging

Indien die beurs, om watter rede ook al, nie deur die student opgeneem word nie, verval die reg op die beurs na een jaar outomaties. Die besoek aan Nederland kan uitgestel word (bv. weens siekte of reisbeperkings) tot ‘n maksimum van een jaar; enige vertraging moet egter onmiddellik by die sekretaris aangemeld word.

Die besluite van die bestuur van die Stigting Studiefonds vir Suid-Afrikaanse Studente is finaal. Oor die besluite kan nie onderhandel word nie.

Vrywaring

Geen regte kan aan die tekste op hierdie webwerf ontleen word nie.

Die Stigting Studiefonds vir Suid-Afrikaanse Studente aanvaar geen wetlike aanspreeklikheid vir onjuiste inligting wat verskaf word deur ander webwerwe nie.

Klik hier om die aansoekvorm af te laai.

Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan: studiefonds@zuidafrikahuis.nl

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons