Persbericht

SA Akademie kondig wenner aan van een van Suid-Afrika se gesogste pryse

8 april 2020
Auteur: Persbericht
Foto: Jan Potgieter

Delen:

Die Jan H Marais-prys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies van hoë gehalte in Afrikaans word vanjaar toegeken aan die regsgeleerde, prof. Jean Sonnekus, van Johannesburg. Die prysgeld van ’n halfmiljoen rand as erkenning vir sy lewenstaak ten bate van akademiese Afrikaans sal later vanjaar ná die einde van die tydperk van Covid-19-inperking by ’n funksie op Stellenbosch aan hom oorhandig word. Hierdie besluit is vanoggend bekend gemaak deur die voorsitter van die keurkomitee, prof.Andreas van Wyk, oudrektor van die Universiteit Stellenbosch.

Prof. Sonnekus, een van Suid-Afrika se bekendste akademiese regsgeleerdes, is in 1951 in Pietermaritzburg gebore. Hy behaal die BA-graad in die Regte in 1970 aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit. Dieselfde instelling ken in 1972 ’n LLB-graad cum laude aan hom toe, waarna hy sy nagraadse studie aan die Rijksuniversiteit Leiden in Nederland voortsit, soos vele Suid-Afrikaanse regsgeleerdes oor die jare heen. In April 1976 promoveer hy daar as doktor in die regsgeleerdheid met ’n proefskrif oor die privaatregtelike beskerming van die huwelik.

Sy loopbaan as akademikus begin hy met ingang 1976 in Johannesburg aan sy alma mater as senior lektor in privaatreg. In 1981 word hy daar tot medeprofessor en in 1984 tot professor bevorder. Van 1996 tot 1999 tree hy op as voorsitter van die Departement Privaatreg. Aan die einde van 2016 het hy met amptelike pensioen uitgetree by wat intussen die Universiteit van Johannesburg geword het.

Jean Christoph Sonnekus het oor die afgelope 45 jaar 18 boeke of hoofstukke in boeke en meer as 300 wetenskaplike artikels geskryf, vele daarvan internasionaal en grotendeels in Afrikaans. Hy het hom deurgaans, ook as redakteur van die Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, sterk beywer vir Afrikaans as regstaal.

Vir sy werk is prof. Sonnekus deur die Nasionale Navorsingstigting as ’n B1-navorser gegradeer vir die internasionale erkenning wat hy geniet as ’n vooraanstaande internasionale kenner van die huweliksgoederereg en die sakereg. In 2002 ontvang hy die Toon van den Heever-prys vir Regswetenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en twee keer die ATKV-prys vir die beste artikel in Afrikaans in ’n vakkundige tydskrif (2013 en 2019).

Jean Sonnekus is getroud met Liesbeth en die egpaar het vier kinders.

Die jaarlikse Jan H Marais-prys is in 2015 ingestel deur ’n besluit van Het Jan Marais Nationale Fonds, Naspers en die Universiteit Stellenbosch. Al drie instellings het hulle ontstaan te danke aan die versiende steun van Johannes Henoch Marais (1860–1915) van Stellenbosch, wat saam met sy broers in die 1870’s hulle fortuin op die Kimberleyse Diamantveld gemaak het. Jannie Marais was ’n groot ondersteuner van Afrikaans as ’n akademiese en literêre taal.

Die Jan H Marais-prys vir ’n lewensbydrae tot akademiese Afrikaans word geadministreer deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die keurkomitee van vooraanstaande akademici uit verskillende dissiplines het vanjaar bestaan uit proff. Andreas van Wyk (Stellenbosch), Albert Grundlingh (Stellenbosch), Christof Heyns (Pretoria en Genève), Debra Meyer (Johannesburg), Piet Steyn (Stellenbosch) en dr. Johan van Zyl (vroeër van SANLAM). Dit is die laaste jaar dat prof. Van Wyk in hierdie rol sal optree.

Navrae:
Prof. Andreas van Wyk
Voorsitter: Jan H Marais-pryskeurkomitee
Selfoon: 082 809 3113
E-pos: ahvw@sun.ac.za

Prof. Anne-Marie Beukes
Hoof- uitvoerende beampte, SA Akademie
Selfoon: 083 675 8053
E-pos: ambeukes@akademie.co.za

Meer nieuws

5 juni 2025, Actueel
Het Zuid-Afrikahuis heeft een nieuwe directeur
Voor het eerst mag het Zuid-Afrikahuis een Zuid-Afrikaanse verwelkomen als directeur. Vanaf 1 juni 2025 versterkt Susan Coetzee-Van Rooy het team van het Zuid-Afrikahuis. Ze is een ervaren hoogleraar en leidinggevende aan de Noordwes-Universiteit (NWU) van Zuid-Afrika. Hier heeft ze verschillende functies als waarnemend decaan, adjunct-decaan onderzoek en institutionele directeur vervuld. Meertaligheid Meertaligheid in een […]
23 mei 2025, Actueel
Winner of the Africa Thesis Award 2024: Baleseng Maeneche
The jury of the Africa Thesis Award (African Studies Centre Leiden) is delighted to announce that the 2024 prize has been awarded to Baleseng Maeneche, a graduate of the Faculty of Arts & Humanities at the University of the Western Cape, for her thesis Media Representations of Male Perpetrators of Violence against Women and Children: A Decolonial Feminist […]
19 mei 2025, Actueel
Helen door Kunst: een expositie voor Gaza
Kunstenaar Jamal Khamis houdt donderdag 29 mei t/m zondag 1 juni een bijzondere benefietexpositie in de Amsterdamse Oosterkerk. Hij zet zijn levensgrote en kleurrijke schilderijen in om hulp te bieden aan kinderslachtoffers in Gaza, ten behoeve van War Child. De getoonde collectie bestaat uit de nieuwste werken van de Amsterdamse en internationaal erkende kunstenaar Jamal […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons