Actueel

Januarie, Februarie, Korona, Kersfees…

5 oktober 2020
Auteur: Siska Martin
Foto: Vroeg in die inperking in Suid-Afrika was die lug bo Bloemfontein skoner as gebruiklik.

Delen:

Donderdag 11 September 2020 was dit die 19de herdenking van 9/11, die dag waarop ‘n terreuraanval die World Trade Center in New York in puin gelê het. Ek kan onthou presies waar ek in ons kantoor gestaan het toe die nuus oor die aanval op televisie gebreek het.

In 2020 is 11 September midde-in die wêreldwye Covid-19-pandemie. Dié keer gaan dit oor ‘n vyand wat ons nie kan sien of hoor nie, een wat ons nie met ‘n gewelddadige teenaanval kan verwoes nie. Die koronavirus het mense kom aanraak en die wêreld verander – die uitwerking op ekonomieë is verwoestend, arm mense word net armer en kry net swaarder, werkloosheid word al meer, korrupsie neem amper net so vinnig toe soos Covid-19-gevalle. In Suid-Afrika is dit in elk geval so. 

Sondag in die kerk sê die prediker tong in die kies Kersfees is amper hier, want sien, só verloop 2020 in Suid-Afrika – Januarie, Februarie, Korona, Kersfees .… Maar in die tyd van Covid-19 – van Maart tot nou – gaan die lewe voort, teen ‘n ander pas en dikwels op ‘n ondenkbare manier. Kinders word gebore, vakansiedae en verjaardae word gevier, eksamens word geskryf, werke word verloor, mense trou, en mense sterf (nie noodwendig weens Covid-19 nie) .

Hibernasie

In die eerste ses weke van die inperking (van 26 Maart af), toe almal wat nie noodsaaklike dienste gelewer het nie tuis moes bly, het die land in ‘n tipe hibernasie gegaan. Minder is gehoor oor die gewone (geldige!) klagtes oor misdaad, almal het brandstof gespaar en minder geld uitgegee. Die wolk van besoedeling oor die middestad van Bloemfontein het opgeklaar. Mettertyd, egter, het ons weer al meer van die gewone korrupsie, misdaad, vrot dienslewering en veral die toenemende armoede gehoor. Derduisende mense het hul enigste inkomste verloor. Verskeie ondernemings het nie net afgeskaal nie, maar baie moes ook hul deure sluit.

Dit gaan klaarblyklik ook nie gou beter gaan nie. Volgens Mike Schüssler, hoofekonoom van Economists.co.za, kan Suid-Afrika se uitgebreide werkloosheidsyfer teen Maart 2021 tot so hoog as 53,2% styg, teenoor 38% in Maart vanjaar. 

G’n vleisfees nie …

Kerke en ander organisasies wat hul jaarlikse basaar of gemeentefees – gewoonlik hul grootste geldinsameling vir die jaar – nie kon hou nie, reik steeds uit om mense in hul omgewing te help. Die predikant van ‘n kerk in ‘n Vrystaatse dorp sê: “Ons is bankrot!” Dié gemeente hou een keer per jaar, op Menseregtedag op 21 Maart,‘n groot vleisfees wat hul grootste geldinsameling vir die jaar is.  

Om ‘n idee te gee van hoe groot dié fees is, word die vleis van 32 beeste, 200 skape, 20 varke en 350 hoenders vir vanjaar se geleentheid verwerk. Die meeste van dié vleis wag in die kerk se vrieskaste tot die fees wat nou vir Erfenisdag op 24 September beplan word.

Moeder Teresa

Synde ‘n aartsoptimis, kan ek nie help om ook die positiewe raak te sien nie. As jy in die oggend gaan stap, is dit asof mense mekaar meer raaksien, bewus is van mekaar, vriendeliker is met mekaar. Dit is uitdagend om altyd mense agter hul “katoengordyn” (masker) te herken, maar die vreugde wanneer hulle mekaar herken, is opreg.

Skole, self onder druk omdat ouers wat geen of verminderde inkomste verdien nie skoolgeld kan betaal nie,  samel kos in  vir gesinne wat nie kan kos koop nie. Gewone mense, nie werknemers of lede van welsynsorganisasies nie, samel in en deel uit – elkeen op sy of haar manier en in die omgewing waar hy of sy beweeg. Bewustelik, of onbewustelik, leef hulle uit wat Moeder Teresa gesê het: “As jy nie vir 100 mense kos kan gee nie, gee dan vir een.”

In ‘n plattelandse dorp sowat 60 km van Bloemfontein vertel die hoof van die plaaslike kinderhuis hoe in hul behoeftes voorsien is. Tot so ‘n mate dat hulle kospakkies kan verskaf aan die ouers van die kinders in hul sorg; dat hulle uit hul oorvloed ook kan gee.

Covid-19 het baie, miljoene, mense negatief kom beïnvloed, maar dit het ook kom wys dat meer mense as wat ons dink inherent goed is en omgee vir die volgende mens.

Ons Suid-Afrikaners het báie redes om te kla en om moedeloos te raak. Maar ons kan nie toelaat dat dit ons blind maak vir die goeie wat gebeur nie.

Siska Martin is ‘n joernalis van Volksblad in Bloemfontein

Meer nieuws

13 oktober 2026, Persbericht
Broze Aarde: Het Nederlands Blazers Ensemble speelt Antjie Krog
Afgelopen woensdag 7 oktober beleefde Broze Aarde van het Nederlands Blazers Ensemble (NBE) zijn voorpremière in de Stadsgehoorzaal in Leiden. Het werd een groot succes. Antjie Krog was bij de voorstelling aanwezig en werd in het zonnetje gezet voor haar werk, dat de basis vormt voor dit bijzondere programma. Wie het nog niet heeft kunnen […]
5 oktober 2026, Vacature
Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten zoekt bestuursleden (onbezoldigd)
Wilt u bijdragen aan de ontwikkeling van een nieuwe generatie Zuid-Afrikaanse onderzoekers en studenten? De Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten (SSF) ondersteunt talentvolle master- en PhD-studenten uit Zuid-Afrika die een deel van hun studie in Nederland willen volgen. Studenten van alle Zuid-Afrikaanse universiteiten en uit all disciplines kunnen een aanvraag indienen. Sinds 1888 zet het fonds zich in voor academisch talent uit Zuid-Afrika. Het fonds wordt gevoed door […]
5 oktober 2026, Vacature
Study Fund for South African Students seeks board members (voluntary position)  
Would you like to contribute to the development of a new generation of South African researchers and students? The Study Fund for South African Students (SSF) supports talented Master’s and PhD students from South Africa who wish to undertake part of their studies in the Netherlands. Students from all South African universities and academic disciplines are eligible […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons