Actueel

Kunstefees ontwikkel aanlyngehore

5 oktober 2020
Auteur: Corneli van den Berg
Foto:

Delen:

Die Vrystaat Kunstefees is ‘n Afrikaanse taalfees wat jaarliks meer as 160 000 mense na Bloemfontein lok. Die fees posisioneer en vier Afrikaans binne ’n veeltalige omgewing en skep sodoende kreatiewe bande met Sesotho- en Engelssprekendes in die provinsie.

Die kunstefees word gestig in 2000 en dra by tot die wêreldwye uitruil van idees rondom kuns en kultuur deur bande te smee tussen verskillende nasionale en internasionale kunstige gemeenskappe. As gevolg van die klem van die fees op die viering van Afrikaans, sowel as diversiteit, binne ’n globale konteks, is die visie: ‘Een Fees. Baie stories’.

Dinamiese leeskultuur

Die Kunstefees se missie is die ontwikkeling en aanbieding van uitmuntende kuns in die Vrystaat, vir almal. Ons doen dit deur mense bymekaar te bring; hoë gehalte kuns te ondersteun; kunstenaars en gehore te ontwikkel; innovasie te dryf en op die wêreldverhoog te speel. Die fees word gestig in 2000 en ontwikkel mettertyd verskeie kreatiewe industrie-inisiatiewe, insluitend ’n rimpelfees, ’n Vrystaatse kuns- en gesondheidsprogram, twee gemeenskapskunsprojekte, die Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling, die Pan-Afrikaanse kreatiewe uitruil-projek, asook ’n literêre fees: die Vrystaat Literatuurfees.

Die Vrystaat Literatuurfees word in 2016 gestig as ’n vennootskap tussen die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Vrystaat Kunstefees, en word vinnig een van die belangrikste gebeure op die Suid-Afrikaanse literêre kalender. Die literatuurfees lewer ’n belangrike bydrae tot die bevordering en groei van ’n dinamiese leeskultuur in die provinsie. Die fees bevorder ook die internasionale belang van sowel die Afrikaanse as die Suid-Afrikaanse letterkunde en kultuur. Die literatuurfees funksioneer as ’n platform vir lewendige gesprekke en die skepping en uitruil van kennis tussen nasionale en internasionale skrywers. Naas Bloemfonteinse en Suid-Afrikaanse skrywers en digters, betrek die boekefees ook deelnemers van regoor die Afrika-kontinent, Australasië, Europa, sowel as Noord-Amerika.

Snelstroomsluipkyk-program

Weens die Covid-19-pandemie word die Vrystaat Kunstefees, soos organisasies wêreldwyd, genoodsaak om ons sakemodel aansienlik te verander. Die fees moes vinnig aanpas en bied sedert Junie 2020 verskeie aanlyn-inisiatiewe. Die inperkingsperiode in Suid-Afrika bied ’n uitstekende geleentheid om ’n digitale oudit van die kunstefees te onderneem en om beduidende aanlyn-kunstige aanbiedings te ontwikkel wat in die toekoms jaarliks aangebied kan word, aan beide plaaslike gehore en ook aan nasionale en selfs internasionale gehore.

Op 16 Junie 2020 word die Vrystaat Kunstefees die eerste fees in Suid-Afrika om deur middel van aanlynplatforms ‘n digitale feesprogram aan te bied, met die afskop van die Snelstroomsluipkyk-program. Hierdie program funksioneer as ’n aptytwekker vir die kunstefees se groter opkomende aanlynaanbiedings en stel verskeie op pasgemaakte, saamgestelde en eksperimentele werke vir die publiek tentoon, om sodoende ook die moontlikhede van aanlynoptredes te ondersoek.

Die suksesvolle Snelstroomsluipkyk-program word oor ’n tydperk van 6 weke aangebied. Die kunstefees span saam met die nuutgeskepte SA Theatre on Demand aanlynplatform om die programinhoud aan te bied. Naas ’n weeklikse boeke-aanbieding, wat uiteenlopende boek-, paneel-, en digkunsgesprekke betrek, bestaan die Snelstroomsluipkyk-program ook uit kinderteater-aanbiedings; teater-, musiek-, en dansproduksies; asook uiteenlopende eksperimentele werke. Septembermaand is literatuurfeesmaand by die Vrystaat Kunstefees. Plaaslike, nasionale, en internasionale skrywers en digters neem deur die verloop van die maand deel aan ’n verskeidenheid boeke-aanbiedings. Die program bestaan uit meer as 40 aanlynaanbiedings (hoofsaaklik voorafopgeneemde gesprekke) wat stelselmatig deur September aangebied word. Benewens die amptelike opnames word daar ook lewendige geleenthede, deur middel van Zoom en op die Vrystaat Kunstefees se Facebook-bladsy aangebied, wat geleenthede bied vir gehoordeelname en interaksie.

Nie ’n nabootsing nie

Miskien die grootste struikelblok wat die kunstefees ondervind met die skuif na aanlynplatforms is die onmoontlikheid om die vrolike atmosfeer wat op die feesterrein heers, of die gevoel van samesyn binne ’n donker teater, óók deur middel van aanlynplatforms te herskep. Daarbenewens is gehore vreemd en onseker oor die werking van aanlynplatforms en boonop moet ons waak teen skerm-uitputting.

Tog is die voortbestaan van die kunstefees daarvan afhanklik dat ons voortgaan! Met die aanlynfees poog ons dus nie om die tradisionele kunstefees op digitale wyse na te boots nie. Ons fokus eerder daarop om innoverend op te tree en ontwikkel veral Telematiese kunsprojekte, naas meer tradisionele teater-, drama-, en musiekproduksies. Vir beide die hooffees en literatuurfees se aanlynaanbiedings maak ons van voorafopgeneemde (dus betaalde) asook lewendige, gratis inhoud gebruik. Die gratis inhoud het spesifiek ten doel om aanlynfeesgangers na die betaalde inhoud te herlei. Ons ontwikkel ook aanlyngehore deur belangstellendes geleidelik aan aanlynplatforms gewoond te maak.

Vir meer inligting oor die werksaamhede van die Vrystaat Kunstefees, besoek gerus ons webbladsy by www.vrystaatkunstefees.

Corneli van den Berg is kunsthistoricus en coördinator van het Vrystaat Literatuurfees

Meer nieuws

9 april 2024, Actueel
In Memoriam Bart de Graaff
Onverwacht is in Pretoria de historicus dr. B.J.H. (Bart) de Graaff (64) overleden. Prof. dr. G.J. Schutte schreef een In Memoriam, ter nagedachtenis.
4 april 2024, Actueel
Augure, het speelfilmdebuut van Baloji
Imagine Filmdistributie brengt Augure (Omen) op 18 april uit in de bioscopen. Het speelfilmdebuut van de Belgisch-Congolese filmmaker, muzikant en kunstenaar Baloji werd in Cannes bekroond met de New Voice Prize. In een magisch-realistisch Congo kruisen de paden van vier personages, die door hun familie en gemeenschap als heksen of tovenaars worden beschouwd. Alleen door wederzijdse hulp […]
2 april 2024, Actueel, Persbericht
Absent Presences
On 2 April 2024, the third volume of the Zuid-Afrikahuis (SZAHN) series was launched under the title Absent Presences: Decolonizing our Views of the Zuid-Afrikahuis and its Collections. The project was part of the events that commemorated the centenary residence of the Zuid-Afrikahuis (South Africa House, ZAH) in the canal house on the Keizersgracht 141, in […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons