Actueel

Die invloed van COVID-19 op SASNEV en ander kultuurinstellings in Suid-Afrika

1 februari 2021
Auteur: Eureka Barnard
Foto: l-r: Eureka Barnard (Bestuurshoof SASNEV), Sebastiaan Messerschmidt (Konsulaat Generaal by die Konsulaat van die Koninkryk van die Nederlande in die Wes-Kaap, Kaapstad), Geraldine Reymenants (Algemene Verteenwoordiger van die Algemene Verteenwoordiging van die Regering van Vlaandere in Pretoria), Karl Stouthuysen (Konsulaat by die Konsulaat van België in Kaapstad) / Foto door: Grub & Vine

Delen:

Aan die einde van 2019 word die wêreld bewus van ’n globale pandemie wat veroorsaak word deur die EARS-KoV-2-virus (COVID-19). Op 27 Maart 2020, begin Suid-Afrika se grendelperiode wat onmiddelik vrye beweging inperk en alle byeenkomste verbied. Eers vanaf 1 Mei 2020 is ’n  geleidelike verligting van die inperkingsmaatreëls in werking gestel. President Ramaphosa verduidelik dat daar vyf fases van inperking aangekondig word. In die proses om die COVID-19-virus onder beheer te kry en te hou, sal die land deur die verskillende fases beweeg en stadig maar seker die streng reëls verslap. Op 28 Desember 2020 het president Cyril Ramaphosa die land toegespreek en aangekondig dat die land vir 14 dae weer op ‘n gedeeltelike uitsluitingsvlak 3 geplaas sal word. Die moontlikheid dat die virus en mutasies daarvan terugkeer sodra die streng maatreëls wat steeds geld verslap word bly ’n werklikheid in 2021.

Suid-Afrika het ’n lewendige feeskultuur met verskeie groot kultuurfeeste wat dwarsdeur die jaar aangebied word. Dit weerspieël die behoefte en vreugde wat Suid-Afrikaners daaruit put om saam te kuier en kultuurervarings en lekker tye met mekaar te deel. SASNEV se gewildheid hou direk hiermee verband. Vir genote en ook binne die SASNEV netwerk, tree SASNEV dikwels op as kultuurmakelaar en bemiddelaar om skrywers, digters en ander kunstenaars uit Nederland en Vlaandere na Suid-Adrika te nooi. SASNEV reël ook eie geleenthede en benut so die voorreg om ’n eie huis te hê waar ’n verskeidenheid van kultuurervarings regdeur die jaar aangebied word. Die meeste hiervan in samewerking met opvoedkundige, kultuur en taalvennote. Gemeet aan die inkomstestrome van dié besonderse jaar, was 2019 toevallig een van SASNEV se mees suksesvolle jare wat oorlewing in 2020 en selfs 2021 moontlik maak.

Om gehoor te gee aan die Suid-Afrikaanse regering se COVID-19 regulasies en inperkings, word die meeste kultuurfeeste soos die KKNK, Vrystaat Kunstefees en later ook Aardklop en die Kaapse Suidoosterfees, met die uitsondering van die US Woordfees wat voor die staat van inperking plaasgevind het, in 2020 gekanselleer of uitgestel. Kultuurinstellings soos SASNEV moet ook noodgedwonge sy deure vir die publiek sluit en die huis op ’n afstand bestuur sonder die mense wat SASNEV se lewensaar is. In ’n land soos Suid-Afrika waar spesifiek die voortbestaan van teater, musiek en ander kunsvorms ineen geweef is, met ’n propvol feeskalender en verskeie platforms wat kultuurinstansies soos SASNEV aan kunstenaars bied, is die uitwerking van die inperking op kultuurorganisasies en ook kunstenaars onmiddellik en finansieel ingrypend.

Theo Kemp van die Jakes Gerwel Stigting skryf vroeg in die pandemie een van die eerste waarhede ‘Ons wonder wat alles gaan verander, maar ons weet, ons wéét, die wêreld gaan nooit weer dieselfde plek wees nie.’ SASNEV se besoekerstal daal in 2020 vanaf 26 000 tot ’n skamele 2 400 en die inkomstebronne word gehalveer. Die meeste Afrikaanse kultuurorganisasies in Suid-Afrika (ook SASNEV), word grotendeels privaat befonds en inkomste bronne is verweef met die bywoning van geleenthede deur die publiek wat nou onmoontlik is. Dit word gou duidelik dat die pandemie vir ’n hele aantal jare met ons sal wees en dat kultuurorganisasies daarby sal moet aanpas deur innoverend te dink en saam te staan.

SASNEV het saam met die res van die wêreld vinnig besef dat COVID-19 ’n tegnologiese ontploffing gebring het. Skielik is vliegtuie nie meer nodig om lang afstande af te lê om skrywers en kunstenaars na Suid-Afrika te bring nie. Aanlyn boekbekendstellings en boekbesprekings, vergaderings en ontmoetings vind in 2020 ‘oral’ plaas.

By die eerste vergadering ná Suid-Afrika se eerste inperking meld Jan Mutton, die voorsitter van SASNEV, aan die bestuurslede: ’Ik kijk geboeid uit naar een nieuwe samenwerking met SASNEV se genote, aangepast aan de veranderende sociale omstandigheden en zonder om in enige mate de uitstraling van de Nederlandstalige cultuur uit Nederland en Vlaanderen in Zuid-Afrika te kort te doen.’ 

Om COVID-19 en inperking op sy kop te draai organiseer SASNEV in September 2020 saam met Geraldine Reymenants, die Vlaamse verteenwoordiger in Suid-Afrika, en Nicol Stassen van Protea Boekhuis, ’n aanlyn boekvoorstelling van Die verdriet van België deur Hugo Claus. Daniel Hugo se vertaling gee die Afrikaanse leser toegang tot Claus se belangrikste boek en een van die hoogtepunte van die twintigste-eeuse Nederlandstalige letterkunde. ’n Historiese geleentheid met ’n rekord bywoningsyfer wat as die eerste oor kontinente heen digitale boekbekendstelling bekend sal staan. Kort daarna word saam met genote Lapa en Voertaal ’n tweede eerste oor kontinente heen aanlyn boekklub, Literaal, geloods.

Om saam te val met die Europese Filmfees 2020 wat in November hierdie jaar virtueel gehou is, vind die tweede boekvoorstelling plaas. Een van die films wat vir die eerste keer in Suid-Afrika gedraai het is ’Kom hier dat ik u kus’. Op die program was dit beskikbaar onder die Engelse titel ‘Becoming Mona’. Vir Afrikaanse lesers was dit ’n groot bonus om die aanlyn boekbekendstelling van die Vlaamse skrywer Griet Op de Beeck se Afrikaanse vertaling, vertaal deur Christine Barkhuizen-Le Roux, Kom hier dat ek jou soen deel van te kan wees.  Die gesprek met Op de Beeck is gelei deur Azille Coetzee. Die feit dat jy terselfdertyd ook toegang gehad tot die Nederlands film van haar boek was ’n spesiale bonus.

In November 2020 word ook feesgevier by die Tuin van Digters, aangebied by die Breytenbach Sentrum in Wellington. Kultuur grendels en slotte word oopgesluit met ’n kleiner aantal ‘feesgangers’ wat byeenkom om ’n hulde te bring aan die bekroonde digter en vertaler (Nederlands/Afrikaans) Daniel Hugo.

Verskeie feeste soos die KKNK en die Vrystaat Kunstefees, via die platform Snelstroom, bied virtuele geleenthede wat fasineer in die vorm van konserte, besprekings en selfs kunsuitstallings en die Suidoosterfees Stiek Yt met ’n fees wat by ’n inryteater gehou word.

Hoe ervaar die Suid-Afrikaanse kultuurgemeenskap hierdie nuwe normaal? Suid-Afrikaners het in die eerste jaar van die pandemie gewys dat hulle vir niks sal stuit nie en dat hulle uiters aanpasbaar en veerkragtig is.

Virtuele kuns en kultuur geleenthede word goed ondersteun. Al is die aanlyn bywoningsyfer rekord hoog en getalle in vergelyking met fisiese bywoning hoog, is dit duidelik dat SASNEV die waarde van persoonlike kontak en aandag onderskat het. Alhoewel kubergeleenthede ons kultureel troos, bevredig dit nie die inherente menslike behoefte om ervarings te deel met ander eenders denkendes nie. Dit is verder moeilik om die atmosfeer van ’n kultuur geleentheid virtueel oor te dra. Tekens van digitale uitputting is reeds te sien, met deelnemers wat gebombardeer word met ’n oormaat van digitale aanbiedinge. Reeds seders Junie 2020 word SASNEV oorval met versoeke om die sentrum oop te stel vir ons gereelde aktiwiteite, iets wat ons helaas as gevolg van COVID-19 regulasies nie kon doen nie.

Digitale aanbiedinge is hier om te bly, waarskynlik in die vorm van ’n parallelle aanbod tot fisiese geleenthede wanneer ons wel weer vrylik kan beweeg. Suid-Afrikaanse inhoud is ewe skielik grensloos en beskikbaar aan ’n internasionale gehoor. Dit beteken ook dat inhoud in die toekoms baie kompeterend gaan moet wees en van hoogstaande tegniese gehalte vir kieskeurige gehore. ‘Kyk weer’ geleenthede gee kans op nabetragting en groter gehore, met materiaal wat beskikbaar gestel kan word aan meer as een kultuurvennoot. ’n Welkome blaaskans vir beperkte befondsing vir kultuurgeleenthede in Suid-Afrika en ’n geleentheid om duplisering van skaars hulpbronne te verminder.  Die wêreld het nie net baie kleiner geword nie, maar ook baie vinniger, slimmer en vindingryker. Die fisiese inperking plaas dalk ’n demper op ons gemoed, maar beperk beslis nie die moontlikhede wat die toekoms bied nie.

Eureka Barnard is bestuurshoof, Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV)

Meer nieuws

9 april 2024, Actueel
In Memoriam Bart de Graaff
Onverwacht is in Pretoria de historicus dr. B.J.H. (Bart) de Graaff (64) overleden. Prof. dr. G.J. Schutte schreef een In Memoriam, ter nagedachtenis.
4 april 2024, Actueel
Augure, het speelfilmdebuut van Baloji
Imagine Filmdistributie brengt Augure (Omen) op 18 april uit in de bioscopen. Het speelfilmdebuut van de Belgisch-Congolese filmmaker, muzikant en kunstenaar Baloji werd in Cannes bekroond met de New Voice Prize. In een magisch-realistisch Congo kruisen de paden van vier personages, die door hun familie en gemeenschap als heksen of tovenaars worden beschouwd. Alleen door wederzijdse hulp […]
2 april 2024, Actueel, Persbericht
Absent Presences
On 2 April 2024, the third volume of the Zuid-Afrikahuis (SZAHN) series was launched under the title Absent Presences: Decolonizing our Views of the Zuid-Afrikahuis and its Collections. The project was part of the events that commemorated the centenary residence of the Zuid-Afrikahuis (South Africa House, ZAH) in the canal house on the Keizersgracht 141, in […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons