Actueel

VAN EWIJCKPRYS AAN INGRID GLORIE

10 januari 2022
Auteur: Persbericht
Foto: Ingrid Glorie / Foto door Isabelle Vermeij

Delen:

Die Van Ewijck Stigting se prys vir die bevordering van die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland word vanjaar toegeken aan Ingrid Glorie. Die jaarlikse prys van R75 000 is vir prestasies wat reeds gelewer is. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.

Ingrid Glorie is sedert 2014 die inisieerder en organiseerder van die Week van de Afrikaanse roman en sedert 2018 die hooforganiseerder van Festival voor het Afrikaans, twee gereelde feesgeleenthede in Nederland wat ‘n betekenisvolle bydrae lewer tot die belangstelling in die Afrikaanse letterkunde en kultuur in Nederland en kontak tussen Suid-Afrikaanse en Nederlandse skrywers en kunstenaars. In 2015 het sy in samewerking met die Nederlandse kunstenaar Herman van Veen die musiekfees ‘Harlekijn en de Afrikaanse dagen’ georganiseer. Tydens hierdie fees is die versamel-CD Byvoorbeeld… bekendgestel, waaraan ’n groot aantal Afrikaanse kunstenaars meegewerk het en wat wyd in die Lae Lande versprei is.

As ’n gasdosent het sy uiters gewilde kursusse oor Afrikaanse letterkunde aangebied aan die universiteite van Utrecht en Leiden. Sy het reeds ses Afrikaanse boeke in Nederlands vertaal. Die toekenning ‘Vertaalengel’ is deur die Nederlandse Auteursbond is aan haar toegeken vir haar rol om werkswinkels met Afrikaanse skrywers vir Nederlandse vertalers te organiseer. Sy het ook in 2000 die voortou geneem om ‘n leeskring oor die Afrikaanse letterkunde in Zuid-Afrikahuis, Amsterdam, op te rig.

Sy was van 2012 tot en met 2019 redakteur van die tydskrif van die Zuid-Afrikahuis, Maandblad Zuid-Afrika, later Zuid-Afrika Spectrum. Sedertdien lewer sy gereeld artikels oor die Afrikaanse taal en letterkunde vir onder meer die tydskrifte Voertaal, Spectrum en Neerlandia.

Vanaf 2021 is sy die inisieerder en samesteller van ’n nuwe reeks praatjies van die Zuid-Afrikahuis in samewerking met die Nederlandse Taalunie (’n Nederlandse en Vlaamse regeringsorganisasie), ‘Boeken uit het Huis’, oor Afrikaanse boeke. Tydens hierdie gesprekke, wat ook aanlyn beskikbaar is, word gebruik gemaak van die beginsel van ‘luistertaal’, waarby Nederlands en Afrikaans op ’n natuurlike wyse afgewissel word.

Onder verdere projekte tel ’n nuwe leerboek Afrikaans vir Nederlandstaliges, iets wat nie onder reeds gelewerde prestasies tel nie, maar wel bevestig dat haar hele lewe in die teken staan van die versterking van kulturele bande tussen die Afrikaanse en die Nederlandse tale, kulture en letterkundes.

Meer nieuws

5 juni 2025, Actueel
Het Zuid-Afrikahuis heeft een nieuwe directeur
Voor het eerst mag het Zuid-Afrikahuis een Zuid-Afrikaanse verwelkomen als directeur. Vanaf 1 juni 2025 versterkt Susan Coetzee-Van Rooy het team van het Zuid-Afrikahuis. Ze is een ervaren hoogleraar en leidinggevende aan de Noordwes-Universiteit (NWU) van Zuid-Afrika. Hier heeft ze verschillende functies als waarnemend decaan, adjunct-decaan onderzoek en institutionele directeur vervuld. Meertaligheid Meertaligheid in een […]
23 mei 2025, Actueel
Winner of the Africa Thesis Award 2024: Baleseng Maeneche
The jury of the Africa Thesis Award (African Studies Centre Leiden) is delighted to announce that the 2024 prize has been awarded to Baleseng Maeneche, a graduate of the Faculty of Arts & Humanities at the University of the Western Cape, for her thesis Media Representations of Male Perpetrators of Violence against Women and Children: A Decolonial Feminist […]
19 mei 2025, Actueel
Helen door Kunst: een expositie voor Gaza
Kunstenaar Jamal Khamis houdt donderdag 29 mei t/m zondag 1 juni een bijzondere benefietexpositie in de Amsterdamse Oosterkerk. Hij zet zijn levensgrote en kleurrijke schilderijen in om hulp te bieden aan kinderslachtoffers in Gaza, ten behoeve van War Child. De getoonde collectie bestaat uit de nieuwste werken van de Amsterdamse en internationaal erkende kunstenaar Jamal […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons