Actueel

VAN EWIJCKPRYS AAN INGRID GLORIE

10 januari 2022
Auteur: Persbericht
Foto: Ingrid Glorie / Foto door Isabelle Vermeij

Delen:

Die Van Ewijck Stigting se prys vir die bevordering van die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland word vanjaar toegeken aan Ingrid Glorie. Die jaarlikse prys van R75 000 is vir prestasies wat reeds gelewer is. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.

Ingrid Glorie is sedert 2014 die inisieerder en organiseerder van die Week van de Afrikaanse roman en sedert 2018 die hooforganiseerder van Festival voor het Afrikaans, twee gereelde feesgeleenthede in Nederland wat ‘n betekenisvolle bydrae lewer tot die belangstelling in die Afrikaanse letterkunde en kultuur in Nederland en kontak tussen Suid-Afrikaanse en Nederlandse skrywers en kunstenaars. In 2015 het sy in samewerking met die Nederlandse kunstenaar Herman van Veen die musiekfees ‘Harlekijn en de Afrikaanse dagen’ georganiseer. Tydens hierdie fees is die versamel-CD Byvoorbeeld… bekendgestel, waaraan ’n groot aantal Afrikaanse kunstenaars meegewerk het en wat wyd in die Lae Lande versprei is.

As ’n gasdosent het sy uiters gewilde kursusse oor Afrikaanse letterkunde aangebied aan die universiteite van Utrecht en Leiden. Sy het reeds ses Afrikaanse boeke in Nederlands vertaal. Die toekenning ‘Vertaalengel’ is deur die Nederlandse Auteursbond is aan haar toegeken vir haar rol om werkswinkels met Afrikaanse skrywers vir Nederlandse vertalers te organiseer. Sy het ook in 2000 die voortou geneem om ‘n leeskring oor die Afrikaanse letterkunde in Zuid-Afrikahuis, Amsterdam, op te rig.

Sy was van 2012 tot en met 2019 redakteur van die tydskrif van die Zuid-Afrikahuis, Maandblad Zuid-Afrika, later Zuid-Afrika Spectrum. Sedertdien lewer sy gereeld artikels oor die Afrikaanse taal en letterkunde vir onder meer die tydskrifte Voertaal, Spectrum en Neerlandia.

Vanaf 2021 is sy die inisieerder en samesteller van ’n nuwe reeks praatjies van die Zuid-Afrikahuis in samewerking met die Nederlandse Taalunie (’n Nederlandse en Vlaamse regeringsorganisasie), ‘Boeken uit het Huis’, oor Afrikaanse boeke. Tydens hierdie gesprekke, wat ook aanlyn beskikbaar is, word gebruik gemaak van die beginsel van ‘luistertaal’, waarby Nederlands en Afrikaans op ’n natuurlike wyse afgewissel word.

Onder verdere projekte tel ’n nuwe leerboek Afrikaans vir Nederlandstaliges, iets wat nie onder reeds gelewerde prestasies tel nie, maar wel bevestig dat haar hele lewe in die teken staan van die versterking van kulturele bande tussen die Afrikaanse en die Nederlandse tale, kulture en letterkundes.

Meer nieuws

23 juli 2026, Actueel
Muziek in de woorden van Antjie Krog
Met Broze Aarde maakt het Nederlands Blazers Ensemble (NBE) een nieuwe voorstelling over de relatie tussen mens en aarde, gebaseerd op de dichtbundel Broze aarde van de Zuid-Afrikaanse schrijver Antjie Krog. In de vorm van een eigentijdse hoogmis brengen mezzosopraan Christianne Stotijn, kamerkoor Studium Chorale en het NBE muziek en poëzie samen in een voorstelling […]
Susan Coetzee-Van Rooy met aartsbisschop Thabo Makgoba
20 juli 2026, Actueel
Susan Coetzee-Van Rooy vertrekt als directeur
20 juli 2026 ‘Lokroep academie te sterk’ Susan Coetzee-Van Rooy vertrekt als directeur van het Zuid-Afrikahuis. Met ingang van 1 september treedt ze volledig in dienst van Noordwes-Universiteit in Zuid-Afrika als onderzoeksprofessor. ‘De lokroep om academicus te zijn is te sterk voor mij’, zegt Susan. ‘Ik combineerde twee veeleisende functies: die van hoogleraar en van […]
23 juni 2026, Actueel
Tune in to the Frequency of Freedom
The Frequency of Freedom is a transnational heritage project that addresses the absence of Cape Coloured heritage and performance traditions in Dutch archives and public memory. This community’s roots lie in the forced displacement and enslavement of people from Asia and Africa during Dutch colonial rule at the Cape. While attention in the Netherlands has […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons