Recensie

Kompoun. Klassiek. Kamfer.

30 maart 2022
Auteur: Veronique Jepthas
Foto:

Delen:

Ronelda S Kamfer se debuutroman, Kompoun, is alreeds well-received en soes expected, widely praised en reviewed, en steeds kô dit nie altyd naby wat mens, veral iemand bekend mettie realiteit vannie storie, experience wannee jy die roman lees nie. Die temas, contribution tot die literary scene en veral die inhoud vannie boek is reeds wyd bepreek, asof hulle ôs try remind aan die brilliance wat in Kamfer se pen stiek. Steeds lack meeste reviews die insight en response wat vannie insider afkô. Kamfer laat ôs subtly in, sodat ôs wiet wat die circumstances en state of mind vannie characters is. King Kamfer se ability om genoeg te gie virrie outsider om in te kô en om nuwe insights virrie insider te gie, bly unmatched.

Soes hoe Antie Bettina, more well-known as die aunty wat maa oek heeldag by die huis is,  ‘se tette [uit]hang by haar blouse soos sy lag’ en die notorious dronk uncle wat sy vrou slaan en nie sy kinnes nie, ‘Uncle Empty, wat op ‘n paintblik sit en bier in ‘n klein glasie skink’, en inappropriate raak oppie mees appropriate moments in sy oë. Dan is daa die Draers na die graf wat basies die blueprint is van begrafnisse omdat ‘by ‘n begrafnis mean dit baie as jy gevra word om die kis te dra’, en Oompie Diamond, ‘wat geld het, […maar] in die council-huisies bly’. Die hele roman is gevul met alles wat jy nodig het om jou in die storie te trek, die klein bier glasie, die ouma se gelowigheid, die ‘wat gaan die mense sê’-mentality, embedded dysfunction, die Wendy Darling en die see is deel van vele insights om jou stadig maa sieke nader te trek en die storie culturally in konteks plaas. Kamfer het ‘n manier om subtly te rage oorie past, te suf deurie kak vannie present en steeds hoop te het virrie toekoms.

    Ek en my nefie Xavie vertel die storie van hoe kinders hulle ouers begrawe. Ons twee moet die storie saam vertel, want in ons familie leer die grootmense die kinders om te lieg. […] Ons familie try hard om ons te laat glo dat familie iets is, iets meer as ‘n accident, but hulle is baie kak daa in. Rule one van indoctrination, give them something they think they can’t live without, but ek en Xavie weet een ding vir ‘n feit: ons kan sonder die naies klaa kom, almal van hulle.  

    (‘Nadia – Ek sê solank sorry’)

As dit kô by Kamfer se Kompoun, lees sy omtrent die levitikus vi jou voo. En daai is fitting, aangesien die roman based is op hoe mens ‘n product wôd van jou political, financial en social circumstances, in die geval – ouma, en hoe daai ‘n ripple effect het op jou kinnes en kleinkinnes.

    My ouma is die definition van gemors. […] Van al die terrible goed wat my ouma al aangevang het, was vir my die worst ding sieke dat sy eenkeer my niggie, Boogie, in ‘n koue bad gesit het omdat sy haar period gekry het. My ouma het my niggie aan haar hare gesleep badkamer toe en met ‘n plakkie geslaan. […] My ouma het my twaalf jaar oud niggie geblame vir puberty en moes haar punish.

                                                                                  (‘Xavie – Levitikus 15, vers 19’)

Kamfer spreek generational trauma met al sy intricate, multifaceted en subtle affects aan deu die milieu en karakterisering te highlight, veral met hindsight, introspection, asook die hardkoppigheid en assertiveness vannie narrators en characters. Deutronomy 5:9 sê: You must not bow down to them and worship them, for I, the Lord your God, am a jealous God who will not tolerate your affection for any other gods. I lay the sins of the parents upon their children; the entire family is affected-even children in the third and fourth generation of those who reject me, en die hele familie ly onnerie hand van hulle ouma, die ‘stammoeder van lieg’, en ‘matriarg van die Groenplaas’, Sylvia McKinney.

    My oupa het net gesug en gesê: “Diana is soos ‘n klip, maar die Here sal haar breek.” Die Here het haar gebreek twee jaar later, toe Mal Hannes aan haar begin vat. Toe sy vir my ouma vertel, toe slaan my ouma haar met ‘n sambok. Dieselfde aand toe kry sy haar period en hardloop kompoun toe.

                                                                                                         (‘Nadia – #172a3e’)

Kompoun is ‘n storie oorie McKinney family en wôd genarrate deu niggie en niefie, Nadia en Xavie. Vi beide Nadia en Xavie was veral hulle ouma, en by tye oupa, so vehemently influential soes hulle soes hulle ouers en aunties, onderskeidelik. Die roman is alles behalwe net ‘n sad storie, angry, en nagging storie oor familie en victims van hulle circumstances. Dis ‘n storie waa die twee probee sinmaak van allie unspoken en toegesmeerde events innie family en ‘n safe space van monologue en dialogue create tussen die niggies en nefies wat nou products is vannie McKinney-system. Nadia en Xavie praat vrylik oorie goed wat oo gewyg wôd in hulle familie. Die twee observe ‘n reality wat geskep is deurie likes van hulle ouers en voorouers deu ‘n critical lens. Hulle is sensitive tog hardcore babies: broken en simultaneously badass en bold.

    Ek en Xavie was soos sport rivals van kleins af. Hy met die backing van watered-down, toxic, coloured patriarchy en ek met my ma en ouma se mond wat vuur spoeg asof ek net vlamme van binne was.

                                                                                                          (‘Nadia – Oasis’)

Die narration tussen die twee loep parallel met mekaa en Kamfer het ‘n compelling contrast tussen beide geskep.

    Diana los ‘n getroue man en ses kinders agter, sy was ‘n suster, ‘n ma en ‘n dogter. Diana was ook ‘n boss bitch wat klomp dicks gesuck het op haar dag, wil ek by-add op daai boring grafsteen.

(‘Nadia – Aannieming’)

En:

    Die min tye wanneer my ma aan die praat geraak het, kon ek vir ure vir haar luister, sy het alles vertel asof dit net ‘n klomp nonsense was en daai was die beste deel van wanneer sy gepraat het. Asof sy vir my wou sê, Die is net ‘n storie, ek het dit gehoor en nou hoor jy dit. Maar moenie aan dit vat nie, want dit is nie joune nie. As ek klaar gepraat het, dan los jy dit net hier.

(‘Xavie – Ek is die see’)

Die narration is flexuous, hulle reaksies teenoo hulle reality is effortless en hulle conclusions en insight is cogent.

Die leser is in vi ‘n generous treat. ‘n Love letter en ‘n big fuck you aan al die pieces wat deelmaak van alles wat Nadia, Xavie en die McKinney familie is. Al die temas wat ôs kennis mee gemaak het in Kamfer se digbundels, kô full circle en los genoeg ruimte vi jou as leser om te acknowledge, reflect, heal and to move on na jy oppie Kompoun train was. Daa is die dala-what-you-must Aunt Agony met haa feminist ways wat sê, ‘…as ‘n man jou die eerste keer slaan, slaan jy hom terug. As hy jou die tweede keer moer, moer jy hom nog harder’, en op haa manier vi jou sê om terug te fight. Daa is die casual gender-based violence deu Uncle Empty wat sy vrou fight. ‘Uncle Empty se internal narrative hang buite soos die dick van ‘n dronk man wat vergeet het om sy gulp op te trek. […] Hy doen elke paar jaar die shit, hy word opgesluit vir vrou moer, dan kom hy uit met ‘n nuwe plan.” Dan is die family homophobia en racism, die irrational fear ‘dat mense sal uitvind dat ons gays en swart mense in ons familie het’. Die generational trauma wat nader gebring wôd deu ‘n Ricki Lake episode van Angry Mothers:

    “Parents we must listen”, sê die panel expert wat lyk asof hy sy kids elke tweede weekend sien en midweek AA meetings join. Al die fire binne-in my is versmoor, ek sit en kyk en voel niks. “I feel empty inside”, sê die kind. My ma slurp haar Earl Grey en sê, “Wat weet jy van empty?”

(‘Nadia – Shadow word en consilience oppie TV’)

 En of course die patriarchy:

     ‘n Pa hang oor ons soos ‘n asbesdak. Niks in ons lewens was weer certain as daai dak wat vir ons kanker gaan gee nie. En voor ons doodgaan van kanker, gaan die dak inmekaarval.

                                                                                                          (‘Nadia – Asbes’)

Kompoun is timeless en tog stuck in time, for all the right reasons. Die roman is gracious. Dis ‘n great addition tot Afrikaanse Literatuur, maa tog oek ‘n answered prayer vi al die kinnes van ‘n ‘Mckinney-familie’.

Kamfer was nog nooit die een om voo uit te kyk nie. King Kamfer is altyd die een!

Meer nieuws

21 maart 2024, Uit het Huis
Nieuwe medewerker in het Huis: Tara Neplenbroek
Mijn naam is Tara en sinds maart neem ik de communicatie en evenementen van het Zuid-Afrikahuis voor mijn rekening. Ik ben afgestudeerd als neerlandica en ik heb een grote passie voor literatuur en cultuur.
21 maart 2024, Actueel
Presentatie: The Role of Cinema in the Construction of the South African Empire, 1900-1960
Presentatie: The Role of Cinema in the Construction of the South African Empire, 1900-1960
19 maart 2024, Journalist in het Huis
Joernalis in die Huis: Denique Smith
Sinds 2016 verblijven er journalisten van het Zuid-Afrikaanse Media24 op de Keizersgracht. Tijdens hun verblijf van twee maanden doen de journalisten buitenland-ervaring op en schrijven zij over Nederland en Europa voor hun eigen media in Zuid-Afrika. In maart en april 2024 verblijft Denique Smith in het appartement boven het Zuid-Afrikahuis! Over Denique Ek is Denique Smith en tans […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons