Uit het Huis

Nieuwe vrijwilliger in het Huis

4 april 2022
Auteur: Ingrid Heydenrych
Foto: Ingrid Heydenrych / Foto door: Team ZAH

Delen:

Ek is gebore en het grootgeword in Vanderbijlpark, Gauteng in Suid-Afrika. In 2016 verhuis ek na Stellenbosch in die Wes-Kaap om Taal en Kultuur te studeer aan die Universiteit Stellenbosch en voltooi my honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2020. My studies fokus veral op Afrikaanse poësie en die uitbeelding van die omgewing en klimaatsverandering in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Deur my studies maak ek kennis met die Jongerenprojek, die studiereis wat deur die Zuid-Afrikahuis aangebied word, en in 2019 sit ek vir die eerste keer my voete in Nederland neer. Deur die Jongerenprojek verdiep ek my kennis oor die bande wat tussen Suid-Afrika en die Lae Lande bestaan, en vind ek meer uit oor die werk wat die Zuid-Afrikahuis doen.

Tydens my studentejare is ek ook betrokke by die nuuswêreld as die aanlynredakteur en later hoofredakteur van Die Matie, die Universiteit Stellenbosch se studentekoerant, asook by die wêreld van studenteleierskap as ’n lid van die studenteraad van die Universiteit. Tydens my termyn op die studenteraad word ek ook verkies as lid van die raad van die Univesiteit Stellenbosch. Dit is tydens my tyd as redakteur en as raadslid dat ek in die gesig gestaar word met die broosheid en deursettingsvermoë van Suid-Afrika. Ek beleef die studentebeweging Fees Must Fall, werk met die integrasie van verskillende kultuurgroepe in dieselfde leefspasies en moet oplossings vind vir die verskillende struikelblokke wat die klasseverskil in Suid-Afrika vir studente tot gevolg het.

Dit alles doen ek teen die agtergrond van die letterkunde wat ek studeer en besef dat die lyn tussen geskiedenis, sosiale kwessies en letterkunde baie vaag is, veral in die Suid-Afrikaanse konteks. Om te skryf in ’n land soos Suid-Afrika is nie bloot ’n tydsverdryf nie, dit is om kommentaar te lewer, hoe direk of indirek ookal, oor ’n land wat ten spyte van uitdagings wat somtyds lyk asof dit nooit gaan endkry nie, nooit moed opgee nie. Om aan te hou skryf, dink en betrokke te wees by iets beteken tog dat daardie ding waarde dra – hetsy vir die individu of vir die breër samelewing.

Dit is dan juis oor hierdie rede dat ek so graag by die Zuid-Afrikahuis wou betrokke raak. Die feit dat hierdie kennissentrum in die hartjie van Nederland bestaan en ten doel het om Suid-Afrika te verstaan en daaroor te leer, is vir my ’n testament dat Suid-Afrika se storie, wat elke dag nog besig is om uit te speel, op internasionale vlak belangrik is. Vir sommige mense is dit dalk ’n storie wat as waarskuwing dien, vir ander dalk ’n storie van hoop en bevryding. Hoe dit ookal sy, dit is ’n storie wat waarde dra, en die Zuid-Afrikahuis doen werk om die verskillende narratiewe wat hierdie storie vorm en gevorm het te verstaan, te ontgin en oor te dra. Dit laat my dink aan die vraag wat Azille Coetzee vra aan die begin van haar boek, In my vel, vra: Wie ben ik? Vir my: Wie is ek in Suid-Afrikaner en wie is ek as ’n Suid-Afrikaner in Nederland? Hoe meet ek myself aan die perspektief wat mense het oor my land, hoe dra ek by of bewys daardie perspektief verkeerd? En dan ook natuurlik: Wat laat ek ander toe om by my as Suid-Afrikaner te leer?

Tydens my tyd by die Zuid-Afrikahuis gaan ek betrokke wees by Spectrum, die eksklusiewe publikasie vir vriende van die Huis. Ek sien daarna uit om die publikasie te optimaliseer vir lesers en nuwe en vars idees na vore te bring. Ek is opgewonde om te delf in die verskillende perspektiewe wat oor Suid-Afrika bestaan. Om ’n Suid-Afrikaner te wees vereis konstante selfrefleksie en om na te dink oor waar jy in die samelewing inpas, en hierdie ingesteldheid word ook in Nederland deur die Zuid-Afrikahuis voortgesit.

Meer nieuws

5 oktober 2026, Vacature
Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten zoekt bestuursleden (onbezoldigd)
Wilt u bijdragen aan de ontwikkeling van een nieuwe generatie Zuid-Afrikaanse onderzoekers en studenten? De Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten (SSF) ondersteunt talentvolle master- en PhD-studenten uit Zuid-Afrika die een deel van hun studie in Nederland willen volgen. Studenten van alle Zuid-Afrikaanse universiteiten en uit all disciplines kunnen een aanvraag indienen. Sinds 1888 zet het fonds zich in voor academisch talent uit Zuid-Afrika. Het fonds wordt gevoed door […]
5 oktober 2026, Vacature
Study Fund for South African Students seeks board members (voluntary position)  
Would you like to contribute to the development of a new generation of South African researchers and students? The Study Fund for South African Students (SSF) supports talented Master’s and PhD students from South Africa who wish to undertake part of their studies in the Netherlands. Students from all South African universities and academic disciplines are eligible […]
5 oktober 2026, Actueel
Peter ter Horst voorzitter Zuid-Afrikahuis 
‘Zuid-Afrika is tweede thuisland’  Peter ter Horst wordt de nieuwe voorzitter van het bestuur van de stichting Zuid-Afrikahuis. Hij volgt Jan Schinkelshoek op, die de functie negen jaar, vanaf 2017, heeft vervuld.   Ter Horst (67) – hij leidde sinds 2014 een PR- en communicatiebureau in Den Haag – heeft uitgebreide ervaring met Zuid-Afrika. Hij woonde en werkte in de jaren 1990 acht jaar in het land, waar […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons