Uit het Huis

Nieuwe vrijwilliger in het Huis

4 april 2022
Auteur: Ingrid Heydenrych
Foto: Ingrid Heydenrych / Foto door: Team ZAH

Delen:

Ek is gebore en het grootgeword in Vanderbijlpark, Gauteng in Suid-Afrika. In 2016 verhuis ek na Stellenbosch in die Wes-Kaap om Taal en Kultuur te studeer aan die Universiteit Stellenbosch en voltooi my honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2020. My studies fokus veral op Afrikaanse poësie en die uitbeelding van die omgewing en klimaatsverandering in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Deur my studies maak ek kennis met die Jongerenprojek, die studiereis wat deur die Zuid-Afrikahuis aangebied word, en in 2019 sit ek vir die eerste keer my voete in Nederland neer. Deur die Jongerenprojek verdiep ek my kennis oor die bande wat tussen Suid-Afrika en die Lae Lande bestaan, en vind ek meer uit oor die werk wat die Zuid-Afrikahuis doen.

Tydens my studentejare is ek ook betrokke by die nuuswêreld as die aanlynredakteur en later hoofredakteur van Die Matie, die Universiteit Stellenbosch se studentekoerant, asook by die wêreld van studenteleierskap as ’n lid van die studenteraad van die Universiteit. Tydens my termyn op die studenteraad word ek ook verkies as lid van die raad van die Univesiteit Stellenbosch. Dit is tydens my tyd as redakteur en as raadslid dat ek in die gesig gestaar word met die broosheid en deursettingsvermoë van Suid-Afrika. Ek beleef die studentebeweging Fees Must Fall, werk met die integrasie van verskillende kultuurgroepe in dieselfde leefspasies en moet oplossings vind vir die verskillende struikelblokke wat die klasseverskil in Suid-Afrika vir studente tot gevolg het.

Dit alles doen ek teen die agtergrond van die letterkunde wat ek studeer en besef dat die lyn tussen geskiedenis, sosiale kwessies en letterkunde baie vaag is, veral in die Suid-Afrikaanse konteks. Om te skryf in ’n land soos Suid-Afrika is nie bloot ’n tydsverdryf nie, dit is om kommentaar te lewer, hoe direk of indirek ookal, oor ’n land wat ten spyte van uitdagings wat somtyds lyk asof dit nooit gaan endkry nie, nooit moed opgee nie. Om aan te hou skryf, dink en betrokke te wees by iets beteken tog dat daardie ding waarde dra – hetsy vir die individu of vir die breër samelewing.

Dit is dan juis oor hierdie rede dat ek so graag by die Zuid-Afrikahuis wou betrokke raak. Die feit dat hierdie kennissentrum in die hartjie van Nederland bestaan en ten doel het om Suid-Afrika te verstaan en daaroor te leer, is vir my ’n testament dat Suid-Afrika se storie, wat elke dag nog besig is om uit te speel, op internasionale vlak belangrik is. Vir sommige mense is dit dalk ’n storie wat as waarskuwing dien, vir ander dalk ’n storie van hoop en bevryding. Hoe dit ookal sy, dit is ’n storie wat waarde dra, en die Zuid-Afrikahuis doen werk om die verskillende narratiewe wat hierdie storie vorm en gevorm het te verstaan, te ontgin en oor te dra. Dit laat my dink aan die vraag wat Azille Coetzee vra aan die begin van haar boek, In my vel, vra: Wie ben ik? Vir my: Wie is ek in Suid-Afrikaner en wie is ek as ’n Suid-Afrikaner in Nederland? Hoe meet ek myself aan die perspektief wat mense het oor my land, hoe dra ek by of bewys daardie perspektief verkeerd? En dan ook natuurlik: Wat laat ek ander toe om by my as Suid-Afrikaner te leer?

Tydens my tyd by die Zuid-Afrikahuis gaan ek betrokke wees by Spectrum, die eksklusiewe publikasie vir vriende van die Huis. Ek sien daarna uit om die publikasie te optimaliseer vir lesers en nuwe en vars idees na vore te bring. Ek is opgewonde om te delf in die verskillende perspektiewe wat oor Suid-Afrika bestaan. Om ’n Suid-Afrikaner te wees vereis konstante selfrefleksie en om na te dink oor waar jy in die samelewing inpas, en hierdie ingesteldheid word ook in Nederland deur die Zuid-Afrikahuis voortgesit.

Meer nieuws

9 maart 2026, Actueel
Oproep abstracts colloquium “Inter-Breyten – Breytenbach in context”
Het Gents Centrum voor Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika nodigt u van harte uit voorstellen in te dienen voor een tweedaags colloquium over Breytenbach in context. Het congres vindt plaats in Gent op 26-27 november 2026. De intrinsieke verwevenheid van de literaire, artistieke en intellectuele nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939-2024) nodigt uit tot interdisciplinaire en comparatistische […]
23 februari 2026, Actueel
Enquête VivA
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) loods tans, in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK), ‘n nasionale navorsingsprojek om die digitale lewenskragtigheid van Afrikaans te meet. Die projek is gebaseer op die internasionaal erkende Digital Language Vitality Scale (DLV-skaal). Die doel van hierdie ondersoek is om beter te verstaan hoe Afrikaans in digitale […]
29 januari 2026, Actueel
Scriptieprijs 2026
Heb jij een masterscriptie geschreven die licht werpt op de relatie tussen Nederland (en/of Europa) en Zuidelijk Afrika? Dan nodigt het Zuid-Afrikahuis je van harte uit om mee te dingen naar de Zuid-Afrikahuis Scriptieprijs 2026. Het Zuid-Afrikahuis reikt deze tweejaarlijkse prijs uit aan een universitaire of HBO-masterscriptie waarin de relatie tussen Nederland (en/of Europa) en […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons