Uit het Huis

Bezoek in het Huis!

19 april 2022
Auteur: Ingrid Heydenrych
Foto:

Delen:
Gerrie Pretorius, Mia Spies & Ingrid Heydenrych

Die Zuid-Afrikahuis se drumpel is behoorlik hierdie week deurgetrap deur besoekers vanuit Suid-Afrika. Op Maandag 12 April het die joernalis Mia Spies ’n draai gemaak. Die Zuid-Afrikahuis was ’n moet -sien gedurende haar reis deur Europa. Spies is die  aanbieder van die gewilde podsending Nuus Met Spies, wat  ’n ingeligte bik op die Suid-Afrikaanse nuuslandskap bied. Soos wat Mia by die deur uitgestap het om die res van Amsterdam te verken, het sy vir Gerrie Pretorius en sy filmspan op die voorstoep raakgeloop! Gerrie is ’n Suid-Afrikaanse TV-aanbieder en sanger. Sy albums het Platinum-status in Suid-Afrika behaal en sy program Leef Jou Reis met Gerrie Pretorius is ’n stapelprogram vir Suid-Afrikaanse kykers. Pretorius is besig om te skiet aan Leef Jou Reis en hy het meer kom leer oor die bande wat daar tussen Suid-Afrika en die Lae Lande bestaan.

Die opwinding het nie Maandag tot ’n einde gekom nie. Dinsdag het die akteurs en skrywers Beer Adriaanse en Carla Smith gevra om ’n toer van die Huis te ontvang en te gesels oor projekte wat in die toekoms hier onderneem kan word. Hulle was opgewonde om ’n paar van hul vriende se films in die Huis se versameling raak te sien, en het entoesiasties ’n paar voorstelle gegee om die versameling uit te brei.

Carla Smith & Beer Adriaanse
Carla Smith & Beer Adriaanse

Van Woensdag af word die Huis gebruik om ’n dokumentêr te skiet wat deur die bekroonde aktrise en regisseur Charlene Brouwer onderneem word. Die vervaardiger Niel van Deventer en die joernalis Hendrik Hancke vorm ook deel van die span. Van Deventer het voorheen die Huis besoek en die rustige atmosfeer en pragtige binnekant van sy vorige besoek onthou.

Charlene Brouwer, Niel van Deventer, Divan de Villiers & Hendrick Hancke

As jy ook besoek by die Zuid-Afrikahuis wil aflê terwyl jy in Amsterdam is, stuur gerus ’n e-pos na info@zuisafrikahuis.nl om jou besoek te reël.

Meer nieuws

14 oktober 2025, Actueel
De nieuwe ‘Art of the Kalahari Kalender 2026’
Jaarlijks wordt de ‘Art of de Kalahari’ kalender uitgegeven. Dit is een kalender die gemaakt wordt door artiesten van het Kuru Art project in D’kar, Botswana. Het project geeft de mogelijkheid voor artiesten om uiting te geven aan hun cultuur en traditie. Bij de aankoop van de kalender, steunt u deze artiesten. De kalender wordt gedrukt in […]
13 oktober 2025, Actueel
Zuid-Afrikaanse Auteurs en Artiesten in Nederland
Crossing Border with J.M. Coetzee J.M. Coetzee wordt geïnterviewd door Arnon Grunberg over Van man to man en het leven en werk van Olive Schreiner. Meer dan veertig jaar, tot aan haar dood in 1920, werkte Olive Schreiner aan wat haar beste roman moest worden: Van man tot man. Eerder had ze roem vergaard als feministische, anti- racistische pionier en chroniqueur […]
8 oktober 2025, Uit het Huis
Om in te trek in Het Zuid-Afrikahuis
Wanneer mens in ’n nuwe huis intrek is daar logistieke dinge om uit te sorteer en voel mens soms ontheemd. Van die interessantste logistieke dinge wat ek geleer het, was hoe die Suid-Afrikaanse vlag voor Het Zuid-Afrika huis daagliks geplant word. Ons is gelukkig om ’n lekker lang medewerker te hê wat as sy eerste […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons