Cultuur

Nandi in Kwazulu, door Praline Hudson

1 juni 2022
Auteur: Persbericht
Foto: Nandi in Kwazulu cover / pralinehudson.com

Delen:

Dit is belangrik dat die boeke wat kinders lees hulle etnisiteit en kultuur weerspieël, omdat dit hulle meer oor hulleself leer en laat voel dat hulle êrens hoort. Dít was die inspirasie en dryfveer agter Nandi in Kwazulu, Praline Hudson se eerste kinderboek.  Hudson het haar boek die afgelope naweek op op Wêreldboek-dag in Barcelona, Spanje bekendgestel.

Hierdie boek vertel die storie van Nandi en haar vriende se sorgvrye kinderjare in KwaZulu-Natal en die genot wat ’n eeueoue speletjie aan hulle verskaf.

Praline Hudson

Dié Suid-Afrikaanse skrywer, wat al vir dertig jaar in voorskoolse onderrig spesialiseer, wou met haar eerste vrystelling bydra tot diversiteit in kinderliteratuur en liefde vir taal en lees kweek: “Ek het besluit om die storie te skryf omdat die boeke wat ek twintig jaar gelede vir my drie dogters gelees het, nie mense van kleur verteenwoordig het nie. Al het dinge gelukkig met tyd verander, moet ons nie huiwer om boeke wat gebaseer is op diversiteit met kinders te deel nie,” sê sy. “Ek wil hê dat kinders dié boek moet gebruik om die genot van lees te ervaar, te voel hoe taal hulle kan wegvoer en om meer te leer oor die mense in hulle land.” 

Nandi in Kwazulu, met sy pragtige illustrasies deur Joel Calvó, is ideaal vir kinders tussen nul en vyf, wat saam met hulle ouers lees, asook vir ses- tot sewejariges wat Nandi se verhaal self kan ervaar. 

Om vir hierdie ouderdomsgroep te skryf, was ’n opsetlike besluit. “As voorskoolse onderwyser, is ek steeds daagliks verbaas oor jong breine se vermoë om inligting te absorbeer en ervarings met nuuskierigheid en openhartigheid te benader,” sê die skrywer. “Ek glo dat ons ’n wonderlike wêreld vir almal kan smee deur kinders te wys dat diversiteit verrykend is en deur hul gedagtes oop te maak om te leer oor almal wat ons planeet bewoon, uit elke uithoek van die aarde.”

Praline, wat oorspronklik van Durban afkomstig is, woon al seder 1994 in Barcelona, Spanje. Die Montessori-opgeleide onderwyser en ma van drie was nog altyd lief vir skryf en het besluit om tydens die Covid-19-inperking haar droom om ’n kinderboek te skryf te verwesenlik.

“María Montessori het gepraat oor fantasie en hoe ons jong breine kan verryk met wonderlike stories wat op ons regte wêreld gebaseer is. Dit het my bygebly, en die resultaat is Nandi in Kwazulu, ’n fiktiewe verhaal gebaseer in my geboorteland! Ek hoop dat my boek baie hande sal bereik en met soveel klein mensies as moontlik gedeel sal word.”

Nandi in Kwazulu, uitgegee deur Fox Editions, is beskikbaar by Amazon.

Die boek sal ook eersdaags by Ethnikids in Suid-Afrika beskikbaar wees.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/praline.hudson

Instagram: @pralinehudson

Webtuiste:  pralinehudson.com

Meer nieuws

5 oktober 2026, Vacature
Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten zoekt bestuursleden (onbezoldigd)
Wilt u bijdragen aan de ontwikkeling van een nieuwe generatie Zuid-Afrikaanse onderzoekers en studenten? De Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten (SSF) ondersteunt talentvolle master- en PhD-studenten uit Zuid-Afrika die een deel van hun studie in Nederland willen volgen. Studenten van alle Zuid-Afrikaanse universiteiten en uit all disciplines kunnen een aanvraag indienen. Sinds 1888 zet het fonds zich in voor academisch talent uit Zuid-Afrika. Het fonds wordt gevoed door […]
5 oktober 2026, Vacature
Study Fund for South African Students seeks board members (voluntary position)  
Would you like to contribute to the development of a new generation of South African researchers and students? The Study Fund for South African Students (SSF) supports talented Master’s and PhD students from South Africa who wish to undertake part of their studies in the Netherlands. Students from all South African universities and academic disciplines are eligible […]
5 oktober 2026, Actueel
Peter ter Horst voorzitter Zuid-Afrikahuis 
‘Zuid-Afrika is tweede thuisland’  Peter ter Horst wordt de nieuwe voorzitter van het bestuur van de stichting Zuid-Afrikahuis. Hij volgt Jan Schinkelshoek op, die de functie negen jaar, vanaf 2017, heeft vervuld.   Ter Horst (67) – hij leidde sinds 2014 een PR- en communicatiebureau in Den Haag – heeft uitgebreide ervaring met Zuid-Afrika. Hij woonde en werkte in de jaren 1990 acht jaar in het land, waar […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons