Chatsworth. by Pravasan Pillay. Bromhof, South Africa: Dye Hard Press, 2018, ISBN 9780986998256
Chatsworth is Pravasan Pillay’s debut short fiction collection and consists of eleven stories set in the sprawling township of Chatsworth, Durban. The stories are populated mostly by working-class characters who all, in one way or the other, find themselves on the margins of their community.
There is an elderly mother and her dependent obese daughter who must fend for themselves; an angst-filled twelve-year-old girl who secretly chain smokes late at night; a tearful man who is incapable of passing his driving test; an albino girl who attains a fragile popularity in high school; a young woman who – against her father’s wishes – falls in love with an immigrant; a seemingly placid pensioner who hides a shockingly violent side; and a pair of girls who bond over a love letter and hair bleach, among others.
The stories present sensitive yet unsentimental portraits of these characters, in prose that is spare and unadorned. Pillay additionally displays a remarkable ear for dialogue, and faithfully captures much of the nuance of Durban-Indian English.
Chatsworth is a gentle and moving book about growing up, being different, but also about failing at adulthood.
CatalogusDie Troebadoer. ’n Vertelling, deur Marié Heese. Eerste uitgawe, Pretoria: Protea Boekhuis, 2021, ISBN 9781485313519, R295,-
Die ou koning van die eilandkoninkryk het gesterf en Theodorus, die seun van ’n jonger broer van die koning, het ná ’n jare lange burgeroorlog die troon gegryp. Estrella, die wettige troonopvolger, en haar seun, Edrik, het gevlug. Hoewel die oorlog verby is, regeer die nuwe koning deur middel van die swaard. Oral is soldate en padblokkades waar tolgeld betaal moet word. Die godsdiens van die Moederheer word verbied en alle kloosters is gesluit. Die helfte van boere se oes word opgeëis. Terwyl die volk in die maerte in belas word, is die koning en sy gunstelinge spekvet …
Die troebadoer word in ’n siekeboeg wakker. Sy een oog en ’n paar vingers aan sy regterhand makeer. So ook sy geheue. Hy word versorg deur ’n sproetgesignon van die Moederheer se kaalvoetorde. Toe hy sterker is, stop sy hom ’n luit in die hand en raai hom aan om in die pad te val, want as hy teen koning Theodorus geveg het, is sy lewe min werd. Hy besef dat hy die luit selfs met sy ontbrekende vingers uitstekend kan bespeel en probeer as rondreisende troebadoer ’n dagloon verdien. Dan sluit ’n gehawende hond by hom aan en op sy pad na die ooste van die eiland word die geselskap algaande groter. Maar wat lewer die troebadoer se terugkerende geheue op en wat vind hulle op pad? En wat is die noodlot waarheen hulle almal reis?
Dis nie soseer fantasie nie, eerder allegorie. Universeel en tydloos, menslike hartstogte is herkenbaar, vergrype oorbekend en die karakters kry lewe. Hier is by uitstek ’n storieverteller aan die woord. – Deborah Steinmair
Catalogus Te koopIn Slavenhuis 39, deur Herschelle Benjamin. Eerste uitgawe, Pretoria: Protea Boekhuis, 2021, ISBN 9781485313069, R200,-
In Slavenhuis 39 is ’n drama wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat ’n woonstel op Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het. Die vier probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Hulle sukkel in die dorp waar hulle kom studeer, en hulle sukkel om oor die weg te kom met mekaar. Maar iewers tussenin is daar tog iets wat hulle saamsnoer. Nie net probeer hulle hulle eerste studiejaar slaag nie, maar ondersoek wat bruinwees nou eintlik beteken in hedendaagse Suid-Afrika.
In Slavenhuis 39 het by die Woordfees gedebuteer en is benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings. Die toneelstuk het ook die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaars ontvang het.
Catalogus Te koopMag Die Diep Slaap Jou Dan, deur Hilda Smits, Eerste uitgawe. Pretoria: Protea Boekhuis, 2021, ISBN 9781485312949, R220,-
Soos Hilda Smits se eerste, bekroonde bundel die bome reusagtig soos ons was betrek die verse in hierdie bundel die leser by die hoogs persoonlike en gee dit terserfdertyd betekenis aan die universele belewenis. Die verse is magies soos bewussynstroom, soos drome waar die kloutjie nie altyd by die oor uitkom nie, ʼn mens ervaar dit met jou onderbewuste, in jou maag. Dis dromerig soos meditasie, dis soos sit en staar na reën teen ʼn ruit. Sinne is onvoltooid, werkwoorde hang in die lug sonder naamwoorde, byvoeglike naamwoorde is bedrieglik eenvoudig; “gewone” woorde soos mooi, sterk, fyn, jonk – dis egter die onverwagse beelde wat verras, en woorde wat buite hul normale konteks ingespan word, wat jou uitknikker.
OOR DIE OUTEUR
Hilda Smits is ’n boorling van Potchefstroom, maar het haar nagraadse studie in Sielkunde in Londen gedoen. Ná ʼn dekade van (onder andere) wortels pak in Londen bevind sy haarself deesdae in Philadelphia, USA, waar sy as psigoterapeut praktiseer.
Van haar gedigte verskyn in New Contrast, Vonkverse en Nuwe Stemme 5. Smits debuteer in 2016 met die bome reusagtig soos ons was. Dit is in 2017 met die Ingrid Jonker-prys vir poësie bekroon. Dié bundel is deur beoordelaars beskryf as “‘n boeiende debuut”.
Catalogus Te koopGoed, Beter, Betsie, deur Elizabeth Catharina Labuschagne. Eerste uitgawe, Pretoria: Protea Boekhuis, 2021, ISBN 9781485312642, R295,-
“Die lewensverhaal van ‘n ‘gewone’ vrou is nie minder werd as dié van ikone nie. Elke mens het ‘n storie. Die groot verskil hier is dat Betsie geen doodgewone vrou is nie, en haar storie inderdaad een om vertel te word. Elize, Elizabeth, Betsie. Goed, beter, Betsie. Die boek is veel meer as ‘n memoir van ʼn kind uit die vyftigs/sestigs, wat gely het onder ʼn bullebak of outokratiese pa, soos wat ons in Ben Viljoen en Pieter P Fourie se boeke gelees het. As kultuurhistorikus is dit geen verrassing dat die boek ook ‘n stuk kultuurgeskiedenis is nie. Sy het die tydsgees perfek saamgevat, in die keurigste taal. Sy praat van mure afkalk, ertappels en palmstaanders.” Trisa Hugo, Goodreads
Hierdie skrywer weet hoe om ʼn storie te vertel en hoe om die leser in te katrol. Haar kinderjare in Pretoria-Wes word lewendig en humoristies verhaal. Haar pa het lewenslank boekminderwaardig gevoel omdat hy nie kon gaan studeer nie. Sy pa het sy grond verloor en hy moes vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy onderskei hom in die spoorweë, maar die drankduiwel ry hom (en die gesin). Geen kind van hom hoef te gaan leer nie, glo hy.
’n Uitasem rit van traaik tot mikrovliegtuig en straler. Die verteller spring onweerstaanbaar uit die bladsy regop – iemand wat, in haar eie woorde al soos ʼn haas verskrik is deur haar pa maar wat haar eenvoudig nie laat onderkry nie. Sy sou gaan leer, buig of bars. En sy het nie opgehou voordat sy ʼn doktorsgraad verwerf het nie.
OOR DIE OUTEUR
Elize Redelinghuys-Labuschagne-Hull se belangstellings en beroepe is so gevarieerd soos haar vanne en sy glo hierdie afwisseling hou haar op haar tone.
As bekende binnenshuisontwerper voltooi sy wêreldwyd projekte wat varieer van ambassadeurswonings en privaathuise, tot hospitale en kantore.
Sy fokus sedert 2005 haar kreatiwiteit op produkontwerp, en saam met haar man Rodney bou en bedryf sy “Tassels & Treasures”, ʼn groothandelfirma waar sy die ontwerp, vervaardiging en bemarking van haar eie interieur- en geskenkreekse hanteer, terwyl Rodney die wiele van invoer en besigheidsbestuur laat rol. Hiervoor reis hulle wyd en gereeld, onder andere vier-en-twintig keer na Sjina en omliggende lande in die ooste. In 2016 verkoop die Hulls hul besigheid. Sedertdien leef Elize haar lewenslange passie vir reis en fotografie uit. Sy is ʼn internasionaal bekende en bekroonde wildlewefotograaf wat die wêreld deurkruis vir die perfekte skoot van bedreigde spesies in afgeleë plekke. Suid-Amerika is haar gunsteling-kontinent vir fotografie, ná haar geliefde Afrika.
Sy is ʼn gerespekteerde kultuurhistorikus en kenner van ou Transvaalse boerewonings en periode-interieurs. As entoesiastiese versamelaar en navorser van antieke Transvaalse meubels, werk sy tans aan ʼn fotoboek oor die onderwerp.
Catalogus Te koopSaffron : A Collection of Personal Narratives by Muslim Women, edited by Zaheera Jina, Grant Park, South Africa: African Perspectives Publishing, 2018, ISBN 9780639918723, R240,-
SAFFRON: A Collection of Personal Narratives by Muslim Women is an anthology of writing that draws on the lived realities of Muslim women. Food and cooking, hardship and conflict, intimacy, baby-making, children, living with in-laws and self-esteem are some of the experiences unpacked in this collection of poignant personal narratives. This collection will remind and reassure that, although life brings with it many challenges, you as a woman are never alone in what you go through – many women walk the journey with you.
With Contributions from:
Shakira Akabor, Feroza Arbee, Afzad-Al, Najma Ansari, Adela Bootha, Saaleha Idrees Bamjee, Saffiya Ismail Cassim, Maymoona Rajah Chohan, Sabera Chothia, Khairun-Nisaa Dadipatel, Quraisha Dawood, Mariam B. Daya, Ayesha Desai Yasmin Denat, Papatia Feauxzar, Gouwa Gabier, Jamela Garda, Maimoonah Gori, Rehana Gunduwalla (Moosajee), Somayya Hansrod, Waasila Jassat, Zaheera Jina, Safeera Kaka, Fatima Kazee, Raashida Khan, Sumayya Mehtar, Shauqeen Mizaj, N. Moola, Zayboon Motala, Hina Nafe, Nabeela Noorani, Khalida Moosa, Nurnazida Nazri, Dilshad Parker, Nabihah Plaatjes, Layla Abdullah-Poulos, Shaakira Rahiman-Saleh, Mumtaz Moosa Saley, Yumna Samari, Fatima Bheekoo-Shah, Hawa Bibi Shahaboodien, Aneesa Bodiat-Sujee, Safiyyah Sujee, Safiyyah Surtee, Razina Theba, Zara Valli
Catalogus Te koopChris Hani, by Hugh Macmillan, Third impression. Jacana Pocket Series. Auckland Park, South Africa: Jacana, 2014. ISBN 9781431408917, R175,-
Chris Hani is one of the most iconic black leaders in South Africa’s recent history. His assassination in 1993 by far-right wingers threatened to upset the negotiations process and required Mandela’s televised address to the nation to calm tempers. This short biography brings out his role in MK and in the politics of the early 1990s, and is written by a distinguished historian who met Hani in exile in Lusaka.
Catalogus Te koopFilm van de maand
Moffie. regie Oliver Hermanus. Acteurs onder anderen: Kai Luke Brummer, Barbara-Marié Immelman, Michael Kirch. – Afrikaans en Engels gesproken, Nederlands ondertiteld. Cinemien, 2021.
To be a moffie is to be weak, effeminate, illegal. The year is 1981 and South Africa’s white minority government is embroiled in a conflict on the southern Angolan border. Like all white boys over the age of 16, Nicholas Van der Swart must complete two years of compulsory military service to defend the apartheid regime.
The threat of communism and “die swart gevaar” (the so-called black danger) is at an all-time high. But that’s not the only danger Nicholas faces. He must survive the brutality of the army – something that becomes even more difficult when a connection is sparked between him and a fellow recruit.
CatalogusJeugdboek van de maand
Shorty & Billy Boy : A Tale of Two Naughty Dogs, by Gerard Sekoto, Reprinted. Auckland Park, South Africa: Jacana Media, 2018, ISBN 9781431406067, R140,-
Written and illustrated in 1973 by one of South Africa’s most famous artists, Gerard Sekoto, Shorty and Billy Boy is a book for children as well as art lovers and collectors.
The manuscript formed part of a private collection of Sekoto’s sketches, artworks, letters and memoirs repatriated to South Africa from France. The story was clearly written and illustrated as a personal exercise and possibly a sentimental souvenir of his own childhood memories, but has not been published until now. Sekoto may well have composed it as a gift for children of friends, as he was often engaged in making greeting cards with accompanying illustrations. There are other unfinished stories and musical compositions in the estate collection, but Shorty and Billy Boy is the most complete.
Shorty and Billy Boy tells the tale of two troublesome dogs whose thieving ways take them to the far-away town of Porcupine Hills. Here they meet all sorts of interesting characters, but continue their mischief until Billy Boy is caught red-handed and sent to jail. Here he dreams about the kindness of others, and comes to realise that good deeds are the true measure of freedom.
The Gerard Sekoto Foundation has approved a number of editorial changes made to Sekoto’s original text, where the aim has been to preserve the integrity and flavour of the unpublished story, while making it more accessible to present-day readers. The South African context of the tale has been accentuated, and obsolete language and minor inconsistencies have been removed. The result is a timeless and engaging story that retains Sekoto’s unique spirit and imagination.
Includes a biography of the author.
Catalogus Te koop