Actueel

Wenner van die Woordfeeskortverhaalkompetisie aangekondig

19 oktober 2022
Auteur: Persbericht
Foto: Lynthia Julius / Foto door: Jeremeo le Cordeur

Delen:

Lynthia Julius is as algehele wenner van die 2022 Woordfeeskortverhaalkompetisie aangekondig by die bekendstelling van die sewende US Woordfeeskortverhaalbundel in Stellenbosch op 10 Oktober. Sy wen R30 000 geborg deur Du Toitskloof Wyne vir haar storie “Plat lê soos ’n Minora blade”. Elke ander skrywer wat in dié bundel opgeneem word, het prysgeld van R5 000 ontvang. (Klik hier om te sien wie die ander 22 kortverhaalskrywers is wat vanjaar se bundel gehaal het, en hier om meer oor die Woordfees se kortverhaalprojek te lees.)
 
“Uit 366 verhale word daar net één wenner gekies, en vanjaar s’n is van die oorspronklikste wat ek al gelees het. Dis as ’t ware ’n Nagmaal wat plaasvind, maar op ’n heel anderster manier. Lynthia slaag daarin om uiteenlopende temas saam te voeg in ’n styl wat wissel van humor tot patos,” sê Suzette Kotzé-Myburgh, wat sedert 2016 die sameroeper van die beoordelaarspaneel is.
 
Die ander twee beoordelaars was Valda Jansen en Marius Swart.

Oor die betekenis van hierdie erkenning het Lynthia Julius gesê: “Toe ek klein was het ek altyd vir die kinders gesê: ‘Vat my handtekening, want dit gaan eendag baie werd wees.’ Ek het my handtekening op bome, hulle arms en in hulle boeke gemaak en niemand het my kop toe gevat nie. Toe ek by die bekendstelling gevra word om die boeke vir die argief te teken het ek aan die 7-jarige Lynthia gedink en sy het gesmile. Die kompetisie het haar weer ’n platform gegee om haar handtekening te kan maak, want daar is mense wat dink dis iets werd.”

Baie geluk, Lynthia! 

Vir dié wat dit misgeloop het: klik gerus hier om die boeiende artikel te lees wat Lynthia onlangs vir ons artikelreeks gelewer het.

Meer nieuws

Janneke Siebelink - Istar Verspuij
9 juni 2026, Interview
Terugblik: Interview met Janneke Siebelink over “Een verdwaalde zomerdag”
In een bijeenkomst van een Zuid-Afrikaanse leeskring op woensdag 15 april stond Een verdwaalde zomerdag van Janneke Siebelink centraal. In gesprek met professor Dorothea van Zyl sprak Siebelink over haar fascinatie voor Ingrid Jonker, de verhouding tussen fictie en werkelijkheid, intergenerationeel trauma, identiteit en de vraag hoe een mens zich kan verhouden tot zijn familiegeschiedenis. […]
Nelson Mandela, Mak1one.
3 juni 2026, Actueel
Call for Articles Spectrum
Spectrum, het online magazine van Het Zuid-Afrikahuis, wijdt zijn zomereditie van 2026 aan het thema Kunst, Cultuur en Politiek. Het Zuid-Afrikahuis nodigt auteurs uit om vanuit een Zuid-Afrikaans perspectief bijdragen in te sturen die dit snijvlak vanuit verschillende
18 mei 2026, Actueel
Call for Papers: Travelling in Southern Africa: travelogues and other objects
Context Long before the advent of the colonial period, Southern Africa was already connected through trade and migration to other parts of Africa and the Indian Ocean world and even to India and the Middle East. Human mobility took many forms, both voluntary and forced. Voluntary movement included trade journeys, expeditions and tourism; non-voluntary mobility […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons