Actueel

Wenner van die Woordfeeskortverhaalkompetisie aangekondig

19 oktober 2022
Auteur: Persbericht
Foto: Lynthia Julius / Foto door: Jeremeo le Cordeur

Delen:

Lynthia Julius is as algehele wenner van die 2022 Woordfeeskortverhaalkompetisie aangekondig by die bekendstelling van die sewende US Woordfeeskortverhaalbundel in Stellenbosch op 10 Oktober. Sy wen R30 000 geborg deur Du Toitskloof Wyne vir haar storie “Plat lê soos ’n Minora blade”. Elke ander skrywer wat in dié bundel opgeneem word, het prysgeld van R5 000 ontvang. (Klik hier om te sien wie die ander 22 kortverhaalskrywers is wat vanjaar se bundel gehaal het, en hier om meer oor die Woordfees se kortverhaalprojek te lees.)
 
“Uit 366 verhale word daar net één wenner gekies, en vanjaar s’n is van die oorspronklikste wat ek al gelees het. Dis as ’t ware ’n Nagmaal wat plaasvind, maar op ’n heel anderster manier. Lynthia slaag daarin om uiteenlopende temas saam te voeg in ’n styl wat wissel van humor tot patos,” sê Suzette Kotzé-Myburgh, wat sedert 2016 die sameroeper van die beoordelaarspaneel is.
 
Die ander twee beoordelaars was Valda Jansen en Marius Swart.

Oor die betekenis van hierdie erkenning het Lynthia Julius gesê: “Toe ek klein was het ek altyd vir die kinders gesê: ‘Vat my handtekening, want dit gaan eendag baie werd wees.’ Ek het my handtekening op bome, hulle arms en in hulle boeke gemaak en niemand het my kop toe gevat nie. Toe ek by die bekendstelling gevra word om die boeke vir die argief te teken het ek aan die 7-jarige Lynthia gedink en sy het gesmile. Die kompetisie het haar weer ’n platform gegee om haar handtekening te kan maak, want daar is mense wat dink dis iets werd.”

Baie geluk, Lynthia! 

Vir dié wat dit misgeloop het: klik gerus hier om die boeiende artikel te lees wat Lynthia onlangs vir ons artikelreeks gelewer het.

Meer nieuws

14 oktober 2025, Actueel
De nieuwe ‘Art of the Kalahari Kalender 2026’
Jaarlijks wordt de ‘Art of de Kalahari’ kalender uitgegeven. Dit is een kalender die gemaakt wordt door artiesten van het Kuru Art project in D’kar, Botswana. Het project geeft de mogelijkheid voor artiesten om uiting te geven aan hun cultuur en traditie. Bij de aankoop van de kalender, steunt u deze artiesten. De kalender wordt gedrukt in […]
13 oktober 2025, Actueel
Zuid-Afrikaanse Auteurs en Artiesten in Nederland
Crossing Border with J.M. Coetzee J.M. Coetzee wordt geïnterviewd door Arnon Grunberg over Van man to man en het leven en werk van Olive Schreiner. Meer dan veertig jaar, tot aan haar dood in 1920, werkte Olive Schreiner aan wat haar beste roman moest worden: Van man tot man. Eerder had ze roem vergaard als feministische, anti- racistische pionier en chroniqueur […]
8 oktober 2025, Uit het Huis
Om in te trek in Het Zuid-Afrikahuis
Wanneer mens in ’n nuwe huis intrek is daar logistieke dinge om uit te sorteer en voel mens soms ontheemd. Van die interessantste logistieke dinge wat ek geleer het, was hoe die Suid-Afrikaanse vlag voor Het Zuid-Afrika huis daagliks geplant word. Ons is gelukkig om ’n lekker lang medewerker te hê wat as sy eerste […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons