Actueel

GESPREKSPUNT 

21 november 2022
Auteur: Persbericht
Foto: Vir Wetenskap en Kuns

Delen:

 Die SA Akademie se nuwe blog 

Die Akademie se nuwe aanlyn blog, Gesprekspunt, is pas op ons webblad geloods, waar Akademielede en ander kundiges uitgenooi word om te besin oor aktuele aangeleenthede. 

Gesprekspunt het ten doel om ‘n addisionele en eietydse digitale platform te benut om die Akademie se missie en algemene doelstellings om die wetenskap, tegnologie en die kunste, asook die gebruik en gehalte van Afrikaans te bevorder. Gesprekspunt stel die intellek en ervaring van Akademielede en kundiges aan die woord om bestaande perspektiewe oor aktuele aangeleenthede toe te lig en ook nuwe inligting en perspektiewe by te dra in meningstukke oor kwessies wat die samelewing raak. 

Oktober was die maand vir Psigiese Gesondheidsbewusmaking in Suid-Afrika. In die eerste meningstuk, Sielkundige Welstand: ‘n Blik op die voordele van verhoogde globale bewussyn van geestesgesondheid, het die voormalige voorsitter van die Akademie, prof Irma Eloff, die fokus laat val op geestesgesondheid na die Covidpandemie. 

In die jongste meningstuk, gepubliseer pas na die Minister van Finansies sy mediumtermyn-begrotingsrede gelewer het, gee dr Van Zyl de Villiers, ‘n voormalige voorsitter van die Akademie, en prof Frik van Niekerk hulle perspektiewe op die oorsake van die elektrisiteitskrisis en moontlike oplossings daarvoor: ‘Die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika: ‘n Besinning oor die uitdagings en geleenthede van ’n komplekse situasie’. 

Skakels: https://www.akademie.co.za/media-nuus/gesprekspunt 

Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 

Prof. Anne-Marie Beukes 
Hoof- Uitvoerende Beampte 
Selfoon: 083 675 8053 
ambeukes@akademie.co.za 

Meer nieuws

23 januari 2025, Actueel
Joernalis in die Huis: A.J. Opperman
Sinds 2016 verblijven er journalisten van het Zuid-Afrikaanse Media24 op de Keizersgracht. Tijdens hun verblijf van twee maanden doen de journalisten buitenland-ervaring op en schrijven zij over Nederland en Europa voor hun eigen media in Zuid-Afrika. In januari en februari 2025 verblijft A.J. Opperman in het appartement boven het Zuid-Afrikahuis!  A.J. Opperman is an arts and entertainment journalist […]
21 januari 2025, Actueel
Nelson Mandela lezing 2025
Het programma van de 5e editie van de ZAM Nelson Mandela Lezing op zondag 16 februari in het Internationaal Theater Amsterdam (ITA) is bekend!  John-Allan Namu | Fra Fra Sound | Mthunzi Mvubu | Adriaan van Dis | Femke Halsema | Ikenna Azuike   Het woord is tijdens deze onweerstaanbare manifestatie van solidariteit aan de Keniaanse […]
6 januari 2025, Cursussen
Doe mee met de cursus Afrikaans of Nederlands in 2025!
In het nieuwe jaar starten we weer met vijf cursussen, namelijk cursus Nederlands voor Afrikaanstaligen (beginners en gevorderd), cursus Afrikaans voor beginners, gevorderden en conversatie.

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons