Actueel

GESPREKSPUNT 

21 november 2022
Auteur: Persbericht
Foto: Vir Wetenskap en Kuns

Delen:

 Die SA Akademie se nuwe blog 

Die Akademie se nuwe aanlyn blog, Gesprekspunt, is pas op ons webblad geloods, waar Akademielede en ander kundiges uitgenooi word om te besin oor aktuele aangeleenthede. 

Gesprekspunt het ten doel om ‘n addisionele en eietydse digitale platform te benut om die Akademie se missie en algemene doelstellings om die wetenskap, tegnologie en die kunste, asook die gebruik en gehalte van Afrikaans te bevorder. Gesprekspunt stel die intellek en ervaring van Akademielede en kundiges aan die woord om bestaande perspektiewe oor aktuele aangeleenthede toe te lig en ook nuwe inligting en perspektiewe by te dra in meningstukke oor kwessies wat die samelewing raak. 

Oktober was die maand vir Psigiese Gesondheidsbewusmaking in Suid-Afrika. In die eerste meningstuk, Sielkundige Welstand: ‘n Blik op die voordele van verhoogde globale bewussyn van geestesgesondheid, het die voormalige voorsitter van die Akademie, prof Irma Eloff, die fokus laat val op geestesgesondheid na die Covidpandemie. 

In die jongste meningstuk, gepubliseer pas na die Minister van Finansies sy mediumtermyn-begrotingsrede gelewer het, gee dr Van Zyl de Villiers, ‘n voormalige voorsitter van die Akademie, en prof Frik van Niekerk hulle perspektiewe op die oorsake van die elektrisiteitskrisis en moontlike oplossings daarvoor: ‘Die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika: ‘n Besinning oor die uitdagings en geleenthede van ’n komplekse situasie’. 

Skakels: https://www.akademie.co.za/media-nuus/gesprekspunt 

Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 

Prof. Anne-Marie Beukes 
Hoof- Uitvoerende Beampte 
Selfoon: 083 675 8053 
ambeukes@akademie.co.za 

Meer nieuws

23 juni 2026, Actueel
Tune in to the Frequency of Freedom
The Frequency of Freedom is a transnational heritage project that addresses the absence of Cape Coloured heritage and performance traditions in Dutch archives and public memory. This community’s roots lie in the forced displacement and enslavement of people from Asia and Africa during Dutch colonial rule at the Cape. While attention in the Netherlands has […]
Janneke Siebelink - Istar Verspuij
9 juni 2026, Interview
Terugblik: Interview met Janneke Siebelink over “Een verdwaalde zomerdag”
In een bijeenkomst van een Zuid-Afrikaanse leeskring op woensdag 15 april stond Een verdwaalde zomerdag van Janneke Siebelink centraal. In gesprek met professor Dorothea van Zyl sprak Siebelink over haar fascinatie voor Ingrid Jonker, de verhouding tussen fictie en werkelijkheid, intergenerationeel trauma, identiteit en de vraag hoe een mens zich kan verhouden tot zijn familiegeschiedenis. […]
Nelson Mandela, Mak1one.
3 juni 2026, Actueel
Call for Articles Spectrum
Spectrum, het online magazine van Het Zuid-Afrikahuis, wijdt zijn zomereditie van 2026 aan het thema Kunst, Cultuur en Politiek. Het Zuid-Afrikahuis nodigt auteurs uit om vanuit een Zuid-Afrikaans perspectief bijdragen in te sturen die dit snijvlak vanuit verschillende

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons