Die Jakes Gerwel Stigting nooi graag alle skrywers (opkomend of gevestig) van alle genres uit om aansoek te doen vir ’n residensie wat van 27 Februarie tot 13 Maart 2023 by Paulet Huis op Somerset-Oos aangebied word. Hierdie program word in samewerking met die Passa Porta-internasionale skrywershuis in Brussel aangebied en het ten doel om skrywers van verskillende kontinente byeen te bring. Suksesvolle plaaslike aansoekers sal die Jakes Gerwel Stigting se skrywershuis op Somerset-Oos deel met die Belgiese skrywers, Tom Naegels en Neske Beks. As jy wil deel wees van hierdie opwindende projek, stuur asseblief jou voorlegging aan die uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting teen 16 Januarie 2023.
Lees het hele artikel.
Collecties
Activiteiten
Programma’s
Het Zuid-Afrikahuis
Klik hier meer informatie Vragen en afspraken
Neem contact op