Sinds 2016 verblijven er journalisten van het Zuid-Afrikaanse Media24 op de Keizersgracht. Tijdens hun verblijf van twee maanden doen de journalisten buitenland-ervaring op en schrijven zij over Nederland en Europa voor hun eigen media in Zuid-Afrika. In januari en februari 2023 verblijft Dennis Delport in het appartement boven het Zuid-Afrikahuis!
Over Dennis Delport
Ek is Dennis Delport, ’n 25-jarige energieke joernalis vir Netwerk24 in die Johannesburg-kantoor. Ek is passievol oor my werk en sal die ekstra myl stap om die storie agter die storie te gaan haal.
Ek is reeds byna drie jaar deel van die Netwerk24-span en ek het op 2 Desember 2019 as algemene joernalis in die Pretoria-kantoor begin werk. Dit is my eerste werk gewees sedert ek my studies voltooi het, maar ek was egter sedert 2016 gereeld ’n intern by die Sondagblad Rapport gewees. Tussen 2016 en 2018 studeer en voltooi ek my BA in kommunikasie by die Noordwes Universiteit, en in 2019 studeer en voltooi ek my BAHons in joernalistiek by die Universiteit Stellenbosch.
My gunsteling stories is beslis in die politiek geanker, maar ek geniet ook sogenaamde “mensestories”. Tot op datum is die grootste stories waaraan ek al gewerk het dié van oudpres. Jacob Zuma, waaronder sy inhegtenisname en korrupsiesaak, die onluste, die April-vloede in KwaZulu-Natal en die Covid-19-pandemie.
In my persoonlike lewe weg van die joernalistiek hou ek baie van sport, veral sokker, rugby en motorsport. Ek geniet dit ook om tyd saam met familie en vriende deur te bring, asook om te reis.