Chinatown is die bekroonde en vertaalde digter Ronelda S. Kamfer se vierde digbundel. Dit sal na verwagting in 2023 in Franse vertaling by Éditions des Lisières (Provence, Frankryk) verskyn. Pierre-Marie Finkelstein is die aangewese vertaler en die uitgewery beplan om ’n tweetalige bundel die lig te laat sien, met die Afrikaans wat langs die Frans sal verskyn. Éditions des Lisières bestaan sedert 2016 en fokus veral op vertaalde poësie. Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.
Die reglement met volledige riglyne en bepalings is beskikbaar by: https://penafrikaans.org.za/pen-afrikaans-vertaalfonds/
Hierdie aankondiging is ook hier beskikbaar. Deel dit gerus wyd en syd.
Wordt vriend van het Huis!
Klik hier meer informatie
Vragen en afspraken
Neem contact op
21 december 2022