Actueel

1ste Oproep om Artikelbydraes: 3de Kaaps Simposium

29 augustus 2023
Auteur: Persbericht
Foto:

Delen:

Datums: 15de & 16de Augustus 2024
Plek: Universiteit van Wes-Kaapland
Organiseerders:
Centre for Multilingualism and Diversities Research (CMDR), UWK
Linguistieke-, en Afrikaans en Neerlandistiek Departement, UWK
Comité International Permanent des Linguistes (CIPL)

1ste Oproep om Artikelbydraes

Kaaps is een van die oudste ‘tale’ in Suid-Afrika. Vanaf kolonialisme tot post-apartheid, durf aktiviste, akademici, kunstenaars en skrywers, onder andere, aan daarmee om borg te staan vir die bemagtiging van Kaapssprekendes in skole, universiteite, die samelewing, politiek, en die ekonomie van Suid-Afrika. Kaaps is ook ’n belangrike linguistieke hulpbron in die Wes-Kaap en daar buite. In die afgelope jare is daar ’n toenemende fokus en uitset van navorsing en kreatiewe skryfwerk gebaseer op:

  1. Die geskiedenis of ontstaan van Kaaps
  2. Die sosiale lewe van Kaaps
  3. Die linguistieke beskrywing van Kaaps;
  4. Die eenwording van die skryfstelsel;
  5. Die opvoedkundige vooruitgang van Kaaps vir akademiese geletterdheid in basiese- en hoër onderwys; en
  6. Die politieke, media en ekonomiese voordele van Kaaps.

Ons verwelkom graag akademiese aanbiedings (plakkate, artikels, paneelbesprekings), kreatiewe werk en optredes in ’n forum wat daarop gemik is om bymekaar te bring, toonaangewende navorsing en werk wat die wetenskappe van Kaaps sal bevoordeel en die sosiale- en akademiese geletterdheidspraktyke van Kaapssprekendes ondersteun, én volledige deelname in die opvoeding, en religieus, kulturele, politieke en ekonomiese deelname van ons reënboog, nie-rassige samelewing. Die doel van hierdie simposium is om bymekaar te bring opkomende en senior navorsers (insluitende MA/PhD nagraadse studente), kunstenaars en kreatiewes om met navorsing vorendag te kom, vanuit die perspektief van die volgende sub-temas:

  • Geskiedenis van Kaaps
  • Kaaps en kultuur (insluitende populêre kultuur)
  • Kaaps en identiteit
  • Kaaps en godsdiens
  • Kaaps en musiek
  • Kaaps en geregte/kosse
  • Kaaps en gender
  • Kaaps en meertalige letterkunde
  • Kaaps in skole
  • Kaaps in hoër onderwys
  • Kaaps en ortografiese ontwikkeling
  • Kaaps en leksikografie
  • Kaaps en standaardisering
  • Algemene Linguistieke van Kaaps (morfologie, sintaks, semantiek, fonologie, ens.)
  • Kaaps en Nederlands
  • Kaaps en Khoi-Afrikaans
  • Kaaps en Gariep-Afrikaans
  • Kaaps as Afrikaaps
  • Kaaps en Afrikaans
  • Kaaps en Engels
  • Kaaps en isiXhosa
  • Kaaps en isiZulu
  • Kaaps as ’n taal
  • Kaaps en politiek
  • Kaaps en besigheid/bedryf
  • Kaaps en gesondheid
  • Kaaps en linguistieke landskappe
  • Kaaps en bestuur
  • Kaaps en regte (forensiese linguistiek)
  • Kaaps en gesinstaalbeleid
  • Kaaps en meertaligheid
  • Kaaps en taalkontak, -bewaring en -verlies
  • Kaaps en taalbeleid en beplanning
  • Kaaps en kreatiewe skryfwerk

Voorgestelde Plenêre Sprekers en Paneel:

Akademies

  • Michael Le Cordeur
  • Erin Pretorius
  • Quentin Williams
  • Steward van Wyk

Kreatief

  • Olivia M. Coetzee
  • Nathan Trantraal
  • Ronelda Kamfer
  • Radna Fabias
  • Babs Gons

Internasionaal

  • CIPL Uitgenooide Paneel oor Die Bemagtiging van Kaaps

Inhandigingsdatums

Eerste datum: 31ste Augustus 2023
Tweede datum: 30ste Junie 2024
Finale datum: 31ste Julie 2024

Riglyne for inhandigings

Abstrakte

Ons verwelkom die inhandiging van abstrakte in die volgende kategorieë

KategorieLengte van of abstrakteDuur van aanbieding
Paneelbespreking250-500 woorde (data en voorbeelde uitgesluit)90 minute
Artikel150-300 woorde (data en voorbeelde uitgesluit)30 minute
Plakkaat aanbieding100-200 woorde (data en voorbeelde uitgesluit)30 minute
Kreatiewe Optrede100-200 woorde (data en voorbeelde uitgesluit)20 minute

BELANGRIK

  • Abstrakte kan ingehandig word in Kaaps, Afrikaans, Engels en Nederlands.
  • Abstrakte moet die volgende bevat:
    • Volledige titel van die artikel
    • Titel, volle name, en van (in gevalle van ’n paneel voorstel, verskaf slegs die name van die outeurs)
    • Affiliasie
    • E-pos addres (in gevalle van vele outeurs, verskaf slegs dié van die korrespondente-outeur; vir paneelbesprekings, verskaf slegs die e-pos addresse van die sameroepers)
    • Abstrak se inhoud
    • Verwysings
  • Paneelbesprekings sal 90-minute duur en artikel-aanbiedings sal 30-minute duur. Beide sal insluit 10-minute of V&A.
  • Alle plakkaat-aanbiedings sal 30-minute duur (insluitend ’n 10-minute bespreking). Aanbieders sal hul plakkate aanbied in ’n algemene area waar ander konferensie bywoners die geleentheid sal hê om die plakkate van hul keuses te bekyk en die inhoud met die aanbieder te bespreek.
  • Vir kreatiewe skryfwerk/lees/optredes/voordragte benodig ons ’n abstrak/synopsis van die stuk wat u wil lees/voordra. Die synopsis mag nie langer as 200-woorde wees nie.
  • Kreatiewe stukke sal die volgende struktuur aanneem: 10 minute toegewy aan lees/voordragte en 10-minute vir besprekingstyd.
  • Om jou abstrak in te handig klik asseblief op die volgende Google Forms skakel: [Submit Abstract].

Registrasie Besonderhede:

Reis en Akkommodasie informasie volg.

Registrasie fooie met outomatiese lidmaatskap tot die Vereniging virrie Bevordering van Kaaps (VBK).

Studente fooi: R150 pp

Nie-Studente fooi: R300 pp

Conferensie (aand)ete: R550 pp

Sluit aan by VBK:

Die 3de Kaaps Simposium bied ’n geleentheid vir afgevaardigdes om aan te sluit by die Vereniging virrie Bevordering van Kaaps (VBK).

Klik op die skakel en sluit aan by VBK: [Click on Link]

PLAASLIKE ORGANISERINGSKOMMITEE:

  • Quentin Williams
  • Zaib Toyer
  • Chevan Van Rooi
  • Lawren Smith
  • Jessica Albertyn
  • Veronique Williams
  • Kamilah Khalidheen
  • Erin Pretorius
  • Jason Richardson
  • Donovan Lawrence
  • Anastasia de Vries
  • Carla Lindt
  • Tyron de Villiers
  • Chande van der Westhuizen
  • Camiel Hamans (CIPL)

Algemene Navrae en Registrasies:

Vir algemene informasie oor die konferensie en registrasie prosedures, kontak Mnr. Chevan van Rooi en Prof. Quentin Williams by kaapsevents@uwc.ac.za.

Meer nieuws

5 oktober 2026, Vacature
Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten zoekt bestuursleden (onbezoldigd)
Wilt u bijdragen aan de ontwikkeling van een nieuwe generatie Zuid-Afrikaanse onderzoekers en studenten? De Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse Studenten (SSF) ondersteunt talentvolle master- en PhD-studenten uit Zuid-Afrika die een deel van hun studie in Nederland willen volgen. Studenten van alle Zuid-Afrikaanse universiteiten en uit all disciplines kunnen een aanvraag indienen. Sinds 1888 zet het fonds zich in voor academisch talent uit Zuid-Afrika. Het fonds wordt gevoed door […]
5 oktober 2026, Vacature
Study Fund for South African Students seeks board members (voluntary position)  
Would you like to contribute to the development of a new generation of South African researchers and students? The Study Fund for South African Students (SSF) supports talented Master’s and PhD students from South Africa who wish to undertake part of their studies in the Netherlands. Students from all South African universities and academic disciplines are eligible […]
5 oktober 2026, Actueel
Peter ter Horst voorzitter Zuid-Afrikahuis 
‘Zuid-Afrika is tweede thuisland’  Peter ter Horst wordt de nieuwe voorzitter van het bestuur van de stichting Zuid-Afrikahuis. Hij volgt Jan Schinkelshoek op, die de functie negen jaar, vanaf 2017, heeft vervuld.   Ter Horst (67) – hij leidde sinds 2014 een PR- en communicatiebureau in Den Haag – heeft uitgebreide ervaring met Zuid-Afrika. Hij woonde en werkte in de jaren 1990 acht jaar in het land, waar […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons