Sinds 2016 verblijven er journalisten van het Zuid-Afrikaanse Media24 op de Keizersgracht. Tijdens hun verblijf van twee maanden doen de journalisten buitenland-ervaring op en schrijven zij over Nederland en Europa voor hun eigen media in Zuid-Afrika. In september en oktober 2023 verblijft Carl Thomas in het appartement boven het Zuid-Afrikahuis!
Over Carl Thomas
My naam is Carl Thomas. Ek is van Atlantis en is die jongste van vyf kinders – ook die enigste seun. Ek het my laerskool- en hoërskoolloopbaan by onderskeidelik Hermeslaan Primêr en Hoërskool DF Malan voltooi. Op die Universiteit Stellenbosch (US) het ek my BA in Sosiale Dinamika in 2019 voltooi met geskiedenis en politieke wetenskap as hoofvakke. My BAHons Joernalistiek-graad het ek ook aan die US in 2020 voltooi, waarna ek direk by Netwerk24 as intern begin het. Ek is in Mei 2021 permanent aangestel.
My liefde vir joernalistiek het ontketen toe Anika Marais van Die Burger in my matriekjaar ‘n artikel oor my geskryf het. Ek het toe gesien die verskil wat joernalistiek in mense se lewens kan maak. Voor die artikel het ek slegs ‘n studiebeurs gehad. Op die dag toe die artikel gepubliseer is, het iemand my koshuis en etes betaal.
Ek is ʼn groot Harry Potter-aanhanger en kyk nog elke dag 7de Laan. Melktert is my gunsteling kos. Dit is my droom om eendag my eie tipe Oprah Winfrey-program te het.