Uit het Huis

Om in te trek in Het Zuid-Afrikahuis

8 oktober 2025
Auteur: Susan Coetzee - Van Rooy
Foto: Susan Coetzee-Van Rooy met aartsbisschop Thabo Makgoba

Delen:

Wanneer mens in ’n nuwe huis intrek is daar logistieke dinge om uit te sorteer en voel mens soms ontheemd.

Van die interessantste logistieke dinge wat ek geleer het, was hoe die Suid-Afrikaanse vlag voor Het Zuid-Afrika huis daagliks geplant word. Ons is gelukkig om ’n lekker lang medewerker te hê wat as sy eerste taak van die dag op die trapreëling by die voordeur klim en die vlagpaal plant in die pyp. En siedaar, die Suid-Afrikaanse vlag wapper vrolik op die Keizersgracht tussen die Nederlandse vlae van ons bure en die vlag van “Embassy of the Free Mind”. As Suid-Afrikaner is die vlag vir my ’n simboliese herinnering aan die taak wat Het Zuid-Afrikahuis al meer as 100 jaar verrig: om kennis- en kultuuruitwisseling tussen Suid-Afrika, Nederland en België te doen. ’n Taak wat ek hoop om met entoesiasme verder te voer.

In ’n nuwe huis kan mens soms ontheemd voel. Tot my verbasing was die teenoorgestelde vir my waar. Dit voel vir my of ek nog altyd deel van Het Zuid-Afrikahuis was. Die gevoel kom natuurlik omdat die doel van die organisasie gerig is op uitwisseling tussen Suid-Afrika, Nederland en België. As Suid-Afrikaner is ek verstom oor die liefde wat mense in Het Zuid-Afrikahuis het vir Suid-Afrika. Ek dink Suid-Afrikaners voel soms alleen. Wat ek in Het Zuid-Afrikahuis ervaar, is dat daar belangstelling in Suid-Afrika is.

Aan die einde van dag een van my werk in Het Zuid-Afrikahuis het ek ’n gas vergesel na die voordeur. Ons het gegroet en toe ek haar afsien was daar ’n Nederlandse dogter van so 10 jaar oud wat na ons vlag staan en kyk het.  Toe ek haar vra of sy weet watter land se vlag dit is, het sy geantwoord, maar natuurlik, dit is die vlag van Suid-Afrika. Sy en haar gesin was onlangs op besoek in Suid-Afrika en sy het haar klasspreekbeurt daarna ook gemaak oor Suid-Afrika. ’n Paar dae later was Soweto Soul in Het Zuid-Afrikahuis saam met Joep Pelt. Dit was so lekker om soul musiek in isiZulu te hoor saam met Joep se versie in eiesoortige Afrikaans. Nog ’n paar dae later het ek en my kollegas op die trap in die son gesit by ons voordeur. Ons het Nederlands en Afrikaans gepraat en ek het twee mense opgelet wat naby die grag na ons staan en luister het. Toe ek vra waar hulle vandaan kom, het hulle geantwoord, uit Pretoria. Ons het hulle ’n rondleiding in Het Zuid-Afrikahuis gegee en saam ’n lekker koppie koffie gedrink. Hulle was aan die kuier by hulle kinders wat so 8 jaar in Nederland gewoon en gewerk het en in Oktober oppad terug is na Suid-Afrika toe.      

Ek voel tuis, want ek is omring deur Nederlandse, Belgiese en Suid-Afrikaanse mense wat lief is vir Suid-Afrika en wat die uitwisseling tussen Suid-Afrika, Nederland en België op die prys stel en aanmoedig. Ek hoop om die hele spektrum van mense wat bande met Suid-Afrika het te ontmoet: Suid-Afrikaners wat woon en werk in Nederland; en Nederlanders en Belgiese mense wat hou van Suid-Afrika. Ek hoop dat Het Zuid-Afrikahuis vir ons almal ’n tweede tuiste kan word.

Meer nieuws

Susan Coetzee-Van Rooy met aartsbisschop Thabo Makgoba
20 juli 2026, Actueel
Susan Coetzee-Van Rooy vertrekt als directeur
20 juli 2026 ‘Lokroep academie te sterk’ Susan Coetzee-Van Rooy vertrekt als directeur van het Zuid-Afrikahuis. Met ingang van 1 september treedt ze volledig in dienst van Noordwes-Universiteit in Zuid-Afrika als onderzoeksprofessor. ‘De lokroep om academicus te zijn is te sterk voor mij’, zegt Susan. ‘Ik combineerde twee veeleisende functies: die van hoogleraar en van […]
23 juni 2026, Actueel
Tune in to the Frequency of Freedom
The Frequency of Freedom is a transnational heritage project that addresses the absence of Cape Coloured heritage and performance traditions in Dutch archives and public memory. This community’s roots lie in the forced displacement and enslavement of people from Asia and Africa during Dutch colonial rule at the Cape. While attention in the Netherlands has […]
Janneke Siebelink - Istar Verspuij
9 juni 2026, Interview
Terugblik: Interview met Janneke Siebelink over “Een verdwaalde zomerdag”
In een bijeenkomst van een Zuid-Afrikaanse leeskring op woensdag 15 april stond Een verdwaalde zomerdag van Janneke Siebelink centraal. In gesprek met professor Dorothea van Zyl sprak Siebelink over haar fascinatie voor Ingrid Jonker, de verhouding tussen fictie en werkelijkheid, intergenerationeel trauma, identiteit en de vraag hoe een mens zich kan verhouden tot zijn familiegeschiedenis. […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons