Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) loods tans, in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK), ‘n nasionale navorsingsprojek om die digitale lewenskragtigheid van Afrikaans te meet. Die projek is gebaseer op die internasionaal erkende Digital Language Vitality Scale (DLV-skaal). Die doel van hierdie ondersoek is om beter te verstaan hoe Afrikaans in digitale ruimtes gebruik word, watter hulpmiddels beskikbaar is en waar verdere ontwikkeling nodig is.
As deel van hierdie projek het ons ‘n kort, anonieme aanlyn vraelys ontwikkel wat minder as vyf minute neem om te voltooi. Elke 50ste respondent ontvang ‘n R300 Takealot-geskenkbewys.
Vraelys-skakel: https://form.jotform.com/260261571521550
Waarom is u deelname belangrik?
- Dit help om betroubare data oor Afrikaans se digitale gebruik te versamel.
- Die resultate sal gebruik word om strategiese taalbeplanning, digitale ontwikkeling en die beleidsrigting vir Afrikaans te ondersteun.
- Die bevindings sal in samewerking met die SAAWK wetenskaplik verwerk en gepubliseer word.
Alle data word volledig anoniem, eties en in ooreenstemming met POPIA hanteer.
23 februari 2026