Spectrum Intro

Besoekers met boeke aan ons huis

10 maart 2026
Auteur: Susan Coetzee - Van Rooy
Foto:

Delen:

Een van die dinge wat ek die meeste geniet as mede-bewoner van Het Zuid-Afrikahuis, is die deurlopende stroom interessante besoekers wat ’n draai kom maak. Die skrywers word veral waardeer, want sonder uitsondering besoek hulle ons huis om hulle nuutste boek as geskenk te gee vir ons biblioteek. Hoe gelukkig is ons nie!

In die onlangse verlede het Julia-Beth Harris haar beeldskone boek, ‘Where the clouds gather’ (2025), vir ons kom gee. Die boek, geskryf en geteken in haar unieke styl, is die verhaal van ’n hedendaagse migrant van die Cape Flats tot in Amsterdam. Sy worstel met die gedeelde geskiedenisse van hierdie twee plekke waar sy vandaan kom, en gaan, soos ’n wolk. Haar boek vra, as wêrelde bots of aandonder teen mekaar, wat kies ons dan? Om bang te wees? Om te probeer oorheers? Om lief te hê? Of om die potensiaal van die alomteenwoordige verandering wat loskom uit die botsing te omhels? Ten slotte sê Julia-Beth, “We are water, earth, fire, air / migrating, moving, reciprocating, / remembering, gathering / That is what makes a home / and a sense of belonging / is not created alone”. Dankie dat jy ons huis kom besoek het Julia-Beth. Jy help ons om na te dink daaroor dat ons huis ’n tuiste word as mense wat van ver af kom en gaan ook voel hulle hoort daar.

Die kwiksilver persoonlikheid van Anthony Akerman is tasbaar wanneer hy my kom groet en sy nuutste boek, “Lucky Bastard”(2024), vir ons biblioteek skenk. Die boek handel oor die geweldige moment in sy tiende jaar toe hy vertel word dat hy ’n aangenome kind is. Soos net ’n dramaturg kan, vertel hy ’n fasinerende verhaal “about exile and homecoming” (soos Vladislavić op die flapteks beskryf). Anthony het in Amsterdam gewoon vanaf die middel 1970s. Hy is eers in die 1990s weer terug na Suid-Afrika. Ek s֜ê dankie aan Anthony vir die kopie van sy boek en ons gesprek lei na die biblioteek in Het Zuid-Afrikahuis. Ek vra of hy die geskiedenis ken van die boeke wat in die Keizersgrag gegooi is in 1984. Anthony weet hiervan.

Op sy beurt vertel hy van die rol wat die biblioteek van Het Zuid-Afrikahuis gespeel het in die konteks van boeke wat verban of gesensor was in Suid-Afrika.  Hy herinner hom nog dat die eerste Afrikaanstalige boek A.P. Brink se ‘Kennis van die aand’ (1973) was wat in 1974 gesensor is. Wat hy onthou, was dat die boek wel in die biblioteek van Het Zuid-Afrikahuis was en dat mense dit hier kon lees. Verder wys ons bibliotekaris, Rosalie Dols, my die verstommende boek waarin die sensorskap opdrag vir “Kennis van die aand” gedokumenteer is:

The Publication may not knowingly be sold or hired out, or lent out by lending libraries to persons under the age of 18 years; and the publication may only be sold, hired out or  lent out by lending libraries, in hard cover. (Jaconbsens objectionable literature index, p. 225)

Zuid-Afrikahuis is bekend met boeke en besoekers wat van ver af kom. Hier vind selfs “objectionable” Afrikaanse boeke ’n tuiste. Ek sien uit na die volgende gas in ons huis en hulle boek – “objectionable” of nie.

Meer nieuws

9 maart 2026, Actueel
Oproep abstracts colloquium “Inter-Breyten – Breytenbach in context”
Het Gents Centrum voor Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika nodigt u van harte uit voorstellen in te dienen voor een tweedaags colloquium over Breytenbach in context. Het congres vindt plaats in Gent op 26-27 november 2026. De intrinsieke verwevenheid van de literaire, artistieke en intellectuele nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939-2024) nodigt uit tot interdisciplinaire en comparatistische […]
23 februari 2026, Actueel
Enquête VivA
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) loods tans, in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK), ‘n nasionale navorsingsprojek om die digitale lewenskragtigheid van Afrikaans te meet. Die projek is gebaseer op die internasionaal erkende Digital Language Vitality Scale (DLV-skaal). Die doel van hierdie ondersoek is om beter te verstaan hoe Afrikaans in digitale […]
29 januari 2026, Actueel
Scriptieprijs 2026
Heb jij een masterscriptie geschreven die licht werpt op de relatie tussen Nederland (en/of Europa) en Zuidelijk Afrika? Dan nodigt het Zuid-Afrikahuis je van harte uit om mee te dingen naar de Zuid-Afrikahuis Scriptieprijs 2026. Het Zuid-Afrikahuis reikt deze tweejaarlijkse prijs uit aan een universitaire of HBO-masterscriptie waarin de relatie tussen Nederland (en/of Europa) en […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons