Actueel

Oproep vir publikasie van artikels in Spectrum se Spesiale Uitgawe

Nelson Mandela, Mak1one. 3 juni 2025
Auteur: Team Zuid-Afrikahuis
Foto: Nelson Mandela, Mak1one.

Delen:


Spectrum is die aanlyn tydskrif van Het Zuid-Afrikahuis. Die doel van Het Zuid-Afrikahuis is om verhoudings tussen Suid-Afrika en Nederland te bevorder in die breedste sin, ook deur Spectrum. Jare lank is ‘n wye reeks artikels gepubliseer: van boekresensies, onderhoude en reisverhale tot diepgaande artikels oor voorwerpe in ‘n argief, en meningsartikels. Gewoonlik het artikels in Spectrum tussen 700 en 2500 woorde.

Kuns, Kultuur en Politiek

In Augustus 2026 sal ons ‘n spesiale someruitgawe van Spectrum publiseer wat breedweg die tema Kuns, Kultuur en Politiek: Die kruispunt van Kuns, Kultuur en Politiek, sal omvat. Ons het hierdie tema gekies vanweë die huidige internasionale relevansie daarvan.

Ons inspirasie hiervoor het ontstaan uit die kritiek in die kuns-/kulturele/politieke wêreld teenoor die Biënnale van Venesië, sowel as die Eurovision-sangkompetisie, waar die kruispunt van kuns, kultuur en politiek baie prominent was.

Bennhold (2026) het die volgende oor die Venesiese Biënnale in die New York Times-nuusbrief, The World, gesê:

The Venice Biennale is always overwhelming for art. Our culture writer says the politics were overwhelming this year, too.

Hierdie gesprek tussen kuns, kultuur en politiek het ’n lang geskiedenis by die Biënnale, soos byvoorbeeld gesien is sedert die studentegeleide proteste van 1968.

Daarbenewens is een van die fundamentele reëls vir die Eurovision Song Contest dat politiek geen plek in die kompetisie het nie, al het die kompetisie lande soos Joego-Slawië in 1964 en 1992, Georgië in 2009, Belarus in 2021 en Rusland sedert 2022 verban. In teenstelling met hierdie reël het Moses (2026) ‘n artikel aan die New York Times bygedra met die titel “After Eurovision Final, Dismay That Politics Didn’t Play a Bigger Role”.

Ten spyte van hierdie kommentare, is beide die Biënnale sowel as Eurovision al verskeie kere voorheen gekritiseer omdat hulle polities is. Aangesien kuns en kultuur (in al sy vorme) as ‘n vorm van sagte mag beskou kan word, is uitstallings soos die Biënnale met nasionale paviljoene en kompetisies soos Eurovision met kunstenaars wat namens hul land meeding, ruimtes waar politiek, selfs in subtiele vorme, altyd geïdentifiseer kan word.

Histories het skrywers soos Njabule Ndebele (1989: 416) kunsbeskouings (in hierdie geval skryfkuns en letterkunde) en politiek in die konteks van apartheid Suid-Afrika aangeraak toe hy gesê het:

The writers [of the Congress of South African Writers] pledged themselves to [use] their ‘total creative resources to advance the struggle for the creation of a non-racial, united and democratic South Africa’.

Deel jou perspektief

In die lig van die relevansie van hierdie onderwerp histories, in die hede en heel waarskynlik in die toekoms, nooi ons u graag uit om oor u menings, ervarings of idees oor hierdie onderwerp, met betrekking tot Suid-Afrika, te skryf. Daarom nooi ons bydraes uit wat insigte bied in kuns, kultuur en politiek vanuit verskillende dissiplines vir ‘n spesiale someruitgawe van Spectrum. Bydraes moet teen Vrydag 31 Julie 2026 aan Meghan Rider (m.rider@zuidafrikahuis.nl) gestuur word. Die gewone riglyne vir Spectrum-outeurs geld.

Ons sien uit daarna om julle bydraes te lees!

Bibliografie

  • Bennhold, Katrien. Art and Politics. The New York Times newsletter, The World, 7 May 2026. https://www.nytimes.com/2026/05/07/world/venice-biennale-art-politics-iran-explosions.html?searchResultPosition=2
  • Moses, Claire. After Eurovision Final, Dismay That Politics Didn’t Play a Bigger Role. The New York Times, 20 May 2026. https://www.nytimes.com/2026/05/20/arts/music/eurovision-poland-israel-ukraine.html
  • Ndebele, N. S. 1989. The writers’ movement in South Africa. Research in African Literatures, 20(3), 412-421.

Meer nieuws

Nelson Mandela, Mak1one.
3 juni 2026, Actueel
Call for Articles Spectrum
Spectrum, het online magazine van Het Zuid-Afrikahuis, wijdt zijn zomereditie van 2026 aan het thema Kunst, Cultuur en Politiek. Het Zuid-Afrikahuis nodigt auteurs uit om vanuit een Zuid-Afrikaans perspectief bijdragen in te sturen die dit snijvlak vanuit verschillende
18 mei 2026, Actueel
Call for Papers: Travelling in Southern Africa: travelogues and other objects
Context Long before the advent of the colonial period, Southern Africa was already connected through trade and migration to other parts of Africa and the Indian Ocean world and even to India and the Middle East. Human mobility took many forms, both voluntary and forced. Voluntary movement included trade journeys, expeditions and tourism; non-voluntary mobility […]
9 maart 2026, Actueel
Oproep abstracts colloquium “Inter-Breyten – Breytenbach in context”
Het Gents Centrum voor Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika nodigt u van harte uit voorstellen in te dienen voor een tweedaags colloquium over Breytenbach in context. Het congres vindt plaats in Gent op 26-27 november 2026. De intrinsieke verwevenheid van de literaire, artistieke en intellectuele nalatenschap van Breyten Breytenbach (1939-2024) nodigt uit tot interdisciplinaire en comparatistische […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons