Uit het Huis

Bezoek in het Huis!

19 april 2022
Auteur: Ingrid Heydenrych
Foto:

Delen:
Gerrie Pretorius, Mia Spies & Ingrid Heydenrych

Die Zuid-Afrikahuis se drumpel is behoorlik hierdie week deurgetrap deur besoekers vanuit Suid-Afrika. Op Maandag 12 April het die joernalis Mia Spies ’n draai gemaak. Die Zuid-Afrikahuis was ’n moet -sien gedurende haar reis deur Europa. Spies is die  aanbieder van die gewilde podsending Nuus Met Spies, wat  ’n ingeligte bik op die Suid-Afrikaanse nuuslandskap bied. Soos wat Mia by die deur uitgestap het om die res van Amsterdam te verken, het sy vir Gerrie Pretorius en sy filmspan op die voorstoep raakgeloop! Gerrie is ’n Suid-Afrikaanse TV-aanbieder en sanger. Sy albums het Platinum-status in Suid-Afrika behaal en sy program Leef Jou Reis met Gerrie Pretorius is ’n stapelprogram vir Suid-Afrikaanse kykers. Pretorius is besig om te skiet aan Leef Jou Reis en hy het meer kom leer oor die bande wat daar tussen Suid-Afrika en die Lae Lande bestaan.

Die opwinding het nie Maandag tot ’n einde gekom nie. Dinsdag het die akteurs en skrywers Beer Adriaanse en Carla Smith gevra om ’n toer van die Huis te ontvang en te gesels oor projekte wat in die toekoms hier onderneem kan word. Hulle was opgewonde om ’n paar van hul vriende se films in die Huis se versameling raak te sien, en het entoesiasties ’n paar voorstelle gegee om die versameling uit te brei.

Carla Smith & Beer Adriaanse
Carla Smith & Beer Adriaanse

Van Woensdag af word die Huis gebruik om ’n dokumentêr te skiet wat deur die bekroonde aktrise en regisseur Charlene Brouwer onderneem word. Die vervaardiger Niel van Deventer en die joernalis Hendrik Hancke vorm ook deel van die span. Van Deventer het voorheen die Huis besoek en die rustige atmosfeer en pragtige binnekant van sy vorige besoek onthou.

Charlene Brouwer, Niel van Deventer, Divan de Villiers & Hendrick Hancke

As jy ook besoek by die Zuid-Afrikahuis wil aflê terwyl jy in Amsterdam is, stuur gerus ’n e-pos na info@zuisafrikahuis.nl om jou besoek te reël.

Meer nieuws

23 juli 2026, Actueel
Muziek in de woorden van Antjie Krog
Met Broze Aarde maakt het Nederlands Blazers Ensemble (NBE) een nieuwe voorstelling over de relatie tussen mens en aarde, gebaseerd op de dichtbundel Broze aarde van de Zuid-Afrikaanse schrijver Antjie Krog. In de vorm van een eigentijdse hoogmis brengen mezzosopraan Christianne Stotijn, kamerkoor Studium Chorale en het NBE muziek en poëzie samen in een voorstelling […]
Susan Coetzee-Van Rooy met aartsbisschop Thabo Makgoba
20 juli 2026, Actueel
Susan Coetzee-Van Rooy vertrekt als directeur
20 juli 2026 ‘Lokroep academie te sterk’ Susan Coetzee-Van Rooy vertrekt als directeur van het Zuid-Afrikahuis. Met ingang van 1 september treedt ze volledig in dienst van Noordwes-Universiteit in Zuid-Afrika als onderzoeksprofessor. ‘De lokroep om academicus te zijn is te sterk voor mij’, zegt Susan. ‘Ik combineerde twee veeleisende functies: die van hoogleraar en van […]
23 juni 2026, Actueel
Tune in to the Frequency of Freedom
The Frequency of Freedom is a transnational heritage project that addresses the absence of Cape Coloured heritage and performance traditions in Dutch archives and public memory. This community’s roots lie in the forced displacement and enslavement of people from Asia and Africa during Dutch colonial rule at the Cape. While attention in the Netherlands has […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons