Cultuur

Nandi in Kwazulu, door Praline Hudson

1 juni 2022
Auteur: Persbericht
Foto: Nandi in Kwazulu cover / pralinehudson.com

Delen:

Dit is belangrik dat die boeke wat kinders lees hulle etnisiteit en kultuur weerspieël, omdat dit hulle meer oor hulleself leer en laat voel dat hulle êrens hoort. Dít was die inspirasie en dryfveer agter Nandi in Kwazulu, Praline Hudson se eerste kinderboek.  Hudson het haar boek die afgelope naweek op op Wêreldboek-dag in Barcelona, Spanje bekendgestel.

Hierdie boek vertel die storie van Nandi en haar vriende se sorgvrye kinderjare in KwaZulu-Natal en die genot wat ’n eeueoue speletjie aan hulle verskaf.

Praline Hudson

Dié Suid-Afrikaanse skrywer, wat al vir dertig jaar in voorskoolse onderrig spesialiseer, wou met haar eerste vrystelling bydra tot diversiteit in kinderliteratuur en liefde vir taal en lees kweek: “Ek het besluit om die storie te skryf omdat die boeke wat ek twintig jaar gelede vir my drie dogters gelees het, nie mense van kleur verteenwoordig het nie. Al het dinge gelukkig met tyd verander, moet ons nie huiwer om boeke wat gebaseer is op diversiteit met kinders te deel nie,” sê sy. “Ek wil hê dat kinders dié boek moet gebruik om die genot van lees te ervaar, te voel hoe taal hulle kan wegvoer en om meer te leer oor die mense in hulle land.” 

Nandi in Kwazulu, met sy pragtige illustrasies deur Joel Calvó, is ideaal vir kinders tussen nul en vyf, wat saam met hulle ouers lees, asook vir ses- tot sewejariges wat Nandi se verhaal self kan ervaar. 

Om vir hierdie ouderdomsgroep te skryf, was ’n opsetlike besluit. “As voorskoolse onderwyser, is ek steeds daagliks verbaas oor jong breine se vermoë om inligting te absorbeer en ervarings met nuuskierigheid en openhartigheid te benader,” sê die skrywer. “Ek glo dat ons ’n wonderlike wêreld vir almal kan smee deur kinders te wys dat diversiteit verrykend is en deur hul gedagtes oop te maak om te leer oor almal wat ons planeet bewoon, uit elke uithoek van die aarde.”

Praline, wat oorspronklik van Durban afkomstig is, woon al seder 1994 in Barcelona, Spanje. Die Montessori-opgeleide onderwyser en ma van drie was nog altyd lief vir skryf en het besluit om tydens die Covid-19-inperking haar droom om ’n kinderboek te skryf te verwesenlik.

“María Montessori het gepraat oor fantasie en hoe ons jong breine kan verryk met wonderlike stories wat op ons regte wêreld gebaseer is. Dit het my bygebly, en die resultaat is Nandi in Kwazulu, ’n fiktiewe verhaal gebaseer in my geboorteland! Ek hoop dat my boek baie hande sal bereik en met soveel klein mensies as moontlik gedeel sal word.”

Nandi in Kwazulu, uitgegee deur Fox Editions, is beskikbaar by Amazon.

Die boek sal ook eersdaags by Ethnikids in Suid-Afrika beskikbaar wees.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/praline.hudson

Instagram: @pralinehudson

Webtuistepralinehudson.com

Meer nieuws

5 juni 2025, Actueel
Het Zuid-Afrikahuis heeft een nieuwe directeur
Voor het eerst mag het Zuid-Afrikahuis een Zuid-Afrikaanse verwelkomen als directeur. Vanaf 1 juni 2025 versterkt Susan Coetzee-Van Rooy het team van het Zuid-Afrikahuis. Ze is een ervaren hoogleraar en leidinggevende aan de Noordwes-Universiteit (NWU) van Zuid-Afrika. Hier heeft ze verschillende functies als waarnemend decaan, adjunct-decaan onderzoek en institutionele directeur vervuld. Meertaligheid Meertaligheid in een […]
23 mei 2025, Actueel
Winner of the Africa Thesis Award 2024: Baleseng Maeneche
The jury of the Africa Thesis Award (African Studies Centre Leiden) is delighted to announce that the 2024 prize has been awarded to Baleseng Maeneche, a graduate of the Faculty of Arts & Humanities at the University of the Western Cape, for her thesis Media Representations of Male Perpetrators of Violence against Women and Children: A Decolonial Feminist […]
19 mei 2025, Actueel
Helen door Kunst: een expositie voor Gaza
Kunstenaar Jamal Khamis houdt donderdag 29 mei t/m zondag 1 juni een bijzondere benefietexpositie in de Amsterdamse Oosterkerk. Hij zet zijn levensgrote en kleurrijke schilderijen in om hulp te bieden aan kinderslachtoffers in Gaza, ten behoeve van War Child. De getoonde collectie bestaat uit de nieuwste werken van de Amsterdamse en internationaal erkende kunstenaar Jamal […]

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons