Op
dinsdag 19 september 2023 bespreekt Rob van der Veer
Die kapokdokter van Francois Loots.
1816. Die Kaap de Goede Hoop. ’n Jong dokter, James Barry, stap aan wal as ’n militêre chirurg se assistent. Goewerneur lord Charles Somerset is ná ’n paar maande só beïndruk met die briljante Barry, dat hy hom as sy huisdokter aanstel. Nie almal deel lord Somerset se entoesiasme nie. Somerset se aide-de-camp, kaptein Josias Cloete, wil weet waarvandaan Barry kom, en James se mediese kennis – hy praat dan selfs van ʼn keisersnee! – ontsenu menige plaaslike arts. Maar selfs nie eens die talentvolste medici van die tyd sou kon weet watter geheim die enigmatiese James in hom dra nie.