Pogings tot 'n transnasionale gesprek in tye van dekolonisering

“Soese tightrope tussen twie buildings”

29 november 2023
Inloop: 14.45 uur
Tijd: 15.00 - 17.00 uur (en aansluitend 'n drankie)
Locatie: Keizersgracht 141-C en via YouTube

Aanmelden

Aantal
Tydens hierdie byeenkoms is die doel om te ondersoek wat die bestudering van “Suid-Afrika” kan beteken vir die akademiese praktyk van ondersoek en onderwys in die Nederlandse konteks, met spesifieke verwysing na die gebiede waarop die Leerstoel wat deur die Zuid-Afrikahuis gefinansier word, fokus, namelik letterkunde, kultuur en geskiedenis.

Die middag sal gebruik word om ‘n drietal gesprekke tussen Nederlandse en Suid-Afrikaanse ondersoekers te fasiliteer. In aansluiting by die 100-jarige jubileum wat die ZAH in 2023 vier, sal die gesprekke veral handel oor die dynamiek wat ontstaan wanneer voorheen ongehoorde stemme of ongesiene perspektiewe in die openbaar (publieke sfeer) hoorbaar en sigbaar word.

Hoe kan ons hier in Nederland, waar die proses van dekolonisering tans ‘n belangrike agendapunt in die akademiese praktyk is, ons akademiese kennis en teorievorming verryk deur kennis te neem van hierdie Suid-Afrikaanse dynamiek en van die (teoretiese en empiriese) insigte wat die bestudering daarvan vanuit ‘n Suid-Afrikaanse posisie ons bied? Hierdie middag se transnasionale gesprek is ‘n poging om, in die woorde van de Kaapse digter Nathan Trantraal, ‘n stewige en bruikbare “tigthrope tussen twie buildings”  te span.

Deelnemers sluit in Rozé Mettler, Barbara Henkes, Hanneke Stuit, Uhuru Phalafala, Bibi Burger, Azille Coetzee en Marrigje Paijmans.

Die middag sal voorgesit word deur Margriet van der Waal.

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons