Het jy ’n Meestersgraadskripsie oor die (veranderlike) verhouding tussen Europa en Suidelike-Afrika geskryf?  

Dien jou magistertesis in voor 15 April 2024 via die aanlyn registrasievorm!

Registrasievorm

Die Zuid-Afrikahuis reik in 2024 weer haar tweejaarlikse skripsieprys uit vir ’n meestersgraadskripsie wat, breed beskou, oor die (veranderlike) verhouding tussen Europa en Suidelike-Afrika handel of ’n element van hierdie verhouding ondersoek.

Die doel van die skripsieprys is om akademiese navorsings- en skryftalente ’n kans te gee om hul idees in die kollig te plaas. Die Zuid-Afrikahuis poog ook om hiermee navorsing oor die transnasionale verhoudings tussen Europa en Suidelike-Afrika te stimuleer. Die wenner van die skripsieprys sal € 500 ontvang en die kans kry om sy/haar navorsing met ’n breër publiek te deel.`

Voorwaardes om deel te neem

Tema skripsie

Dissiplines

Taal skripsie

Gradueringsdatum

Beoordeling/punte

Die (veranderlike) verhouding tussen Europa en Suidelike-Afrika, met name insig in sosiale verhoudings, kulturele interaksies en/of transformasieprosesse.

Geestes- en sosiaalwetenskappe, regte, ekonomie.  

Nederlands, Engels of Afrikaans.

Tussen 01-01-2022 en 31-12-2023

Skripsie is minimaal met ’n afgeronde, Nederlandse 7,5 (of ’n buitelandse ekwivalent daarvan) beoordeel.

Beoordelingskriteria

  • Navorsing wat in terme van onderwerp, teorie en metodologie in die oog spring.
  • Navorsing wat ’n oorspronklike invalshoek gebruik om nuwe insigte te bied.
  • Navorsing wat sowel wetenskaplik as sosiaal-maatskaplik relevant is.
  • Navorsing wat vloeiend en goed leesbaar opgeskryf is.

Prosedure

Inskrywings kan tot en met 15 April 2024 om 12:00 ingestuur word. Gebruik hiervoor die inskryfvorm wat aanlyn beskikbaar is. Teen einde Mei hoor jy of jou skripsie aan die gestelde voorwaardes voldoen. Tydens die Europese somer sal die jury ’n kortlys bekend maak. In die herfs van 2024 sal die wenner bekend gemaak word, en sal die prys tydens ’n spesiale byeenkoms in die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam oorhandig word.

Registrasievorm

Online repository

Ingeskrewe skripsies wat aan die prys se voorwaardes voldoen sal in die katalogus van die Zuid-Afrikahuis biblioteek opgeneem word en sal aanlyn openbaar beskikbaar gestel word.

Contact opnemen

Bezoekadres

Keizersgracht 141-C
1015 CK Amsterdam
+31(0)20-6249318

Openingstijden

Vragen en afspraken

Neem contact op

Volg ons