Sinds 2016 verblijven er journalisten van het Zuid-Afrikaanse Media24 op de Keizersgracht. Tijdens hun verblijf van twee maanden doen de journalisten buitenland-ervaring op en schrijven zij over Nederland en Europa voor hun eigen media in Zuid-Afrika. In mei en juni 2023 verblijft Deon Raath in het appartement boven het Zuid-Afrikahuis!
Over Deon Raath
Deon Raath is die Multimedia-redakteur by Rapport in Johannesburg, Suid-Afrika, met ongeveer agt jaar se ondervinding in die nuusindustrie. Sy passie vir fotografie het reeds op skool begin waarna hy fotografie by CPUT in Kaapstad studeer het. Hy het ’n groot belangstelling begin ontwikkel vir omgewingsgeïnspireerde portretstudies wat die lewe van Suid-Afrikaners vasvang.
As fotograaf by Rapport het hy al die geleentheid gehad om vanaf protesoptogte, boeregemeenskappe, sakelui, rampe en regeringslede te fotografeer. ’n Groot deel van sy werk fokus op fotostories waar lede van die gemeenskap ’n positiewe verskil maak en help met dienslewering.
Deon en sy span is tans besig om die digitale voetspoor van Rapport te vergroot en ondersoek in te stel oor nuwe moontlikhede om Rapport se impak op sy lesers te versterk.